MISSIE

LGV Privaat Ondersoekers is toegewyde PSiRA geregistreerde ondersoekers wat `n uitsonderlike veediefstal ondersoek diens aan lede van Vrystaat Landbou en ander landbouers lewer, deur die SA Polisiediens by te staan en van hulp te voorsien om seker te maak sake gerapporteer word behoorlik ondersoek en suksesvol afgehandel.

VISSIE

Om `n ekonomiese volhoubare boerdery vir alle vee-eienaars in die Vrystaat te verseker en veediefstal op alle maniere te bekamp.  Om behoorlike ondersoeke te laat doen en werkswinkels aan te bied waar relevante inligting, om veediefstal en ander misdaad te voorkom of suksesvol aan te spreek, verskaf word.

DIENSTE WAT PRIVAAT ONDERSOEKERS KAN AANBIED

  • Bewaring van veediefstal tonele.
  • Crime kit beskikbaar vir gebruik op misdaad tonele.
  • Versameling van bewysstukke (indien SAPD nie beskikbaar is nie).
  • Neem van aanmelding van saak (A1) verklarings.
  • Neem van getuie verklarings.
  • Insameling van inligting.
  • Opvolg van inligting.
  • Besoeke aan geidentifiseerde afset gebiede vir gesteelde vee.
  • Hulp met opsporing en herwinning van gesteelde vee.
  • Observasie en agtervolgings.
  • Identifisering van verdagte persone, voertuie, persele en afset gebiede.
  • Hulp en advise in geidentifiseerde veediefstal probleem areas.
  • Profiele van verdagte en gearresteerde persone.
  • Geregistreerde stoete en brandmerk navrae.
  • Lesotho vee eienaarskappe.
  • Plot van gerapporteerde veediefstal sake op die Vrystaat Landbou se Earth Ranger program en gebiedskaarte.
  • Uitruil van inligting tussen die ondersoekers en SA Polisiediens.
  • Toeligting / werkswinkels aan landbou gemeenskappe t.o.v. veediefstal verwante aspekte.
  • Monitor vordering van ondersoeke t.o.v. sake gerapporteerde aan die SA Polisiediens.
  • Monitor die vordering van sake in howe.

KOSTES VIR DIE GEBRUIK VAN PRIVAAT VEEEDIEFSTAL ONDERSOEKERS (VRYSTAAT)

Dagfooi = R 800.00 per dag

Reis kostes = R     7.00 per km

Admin fooi = R   80.00 per uur

`n Kwotasie sal verskaf word vir goedkeuring deur die eienaar van vee voor dienste gelewer word.

`n Deposit van R 2 000.00 moet verskaf word voor ondersoek begin

Peet Swanepoel

Provinsiale Koordineerder vir die Privaat Veediefstal Ondersoekers in die Vrystaat

Kontak no. 076 583 8649

Epos adres: peetswanepoel86@gmail.com

error: Content is protected !!