ONDERWERP 2: VEILIGHEID TUIS

MODULE 2.1 BASIESE BEGINSELS

Huis en Haard Beskerming

9.1 Inleiding

Spanne moet eerstens:

  • Bestaande wees vanuit uiters betroubare persone
  • ‘n Sekuriteits gedrewe inisiatief wees bedoelend vir die Plaaslikke Gemeenskap

Die span moet bestaande wees uit ‘n minimum van een (5) persone maar het ‘n onbepaalde ledetal,  en kan geaktiveer word in elke voorstad, dorp, stad, streek, plaasgebied, plotgebied, ens.

Elke span moet ‘n kontakpersoon verbonde hê aan die Bestuurs Kommittee (Operasionele Bestuur) en word slegs per uitnodiging deel van die Kommittee.

9.2 Struktuur

Elke span funksioneer onafhanklik en moet selfonderhoudend wees.

Daar is vier basiese beginsels wat gevolg kan word:

  • Kommunikasie
  • Sekuriteit
  • Inligting
  • Logistieke (Voorraad)

9.3 Kommunikasie

Kommunikasie tussen lede binne die bepaalde gemeenskap moet bevestig word.  Elke lid van ‘n sektor moet die kontaknommers van alle ander lede van dieselfde span besit.

Kommunikasiemiddels sluit in:

  • Selfone
  • Tweerigting radios
  • Internet
  • Persoonlikke ontmoeting
  • ‘n Kombinasie van metodes en middele

9.4 Sekuriteit

Die doel van die projek is sekuriteit, om ‘n onmiddelikke bedreiging te hanteer (By Tuiste of Werksplek), en hoe ons andersins mekaar in ‘n noodsituasie kan bystaan as wetsgehoorsame burgers van Suid Afrika.

 9.4.1 Algemene Sekuriteitswenke

Kriminele is gewoonlik bestaande uit groepe

Vreemde voertuie of persone moet nooit ongemerk gelaat word nie

Kriminele volg ‘n patroon

Meeste inbrake / rowe begin deur ‘n persoon of perseël te obserweer

Kyk vir “tekens van lewe” :

  • Sigaret stompies
  • Voetspore
  • Menslikke ontlasting
  • Pakkies waarin voedsel / voorrade verpak was
  • Slaapplekke
  • Vuurmaakplekke
  • Wielspore
  • Enige steurnis in omgewing

Kyk naby:

  • Oop velde
  • Sypaadjies
  • Parkies
  • Deurgange
  • Taxi sowel bus – staanplekke

Ondersoek ernstige beseerings aan diere, of die skielike dood van ‘n waghond

Wees altyd bewus van enkellopende opportunis kriminele  

Hou rekord van informasie (Dag, Datum, Tyd, Beskrywing)

9.4.2 Werknemers

Werknemers moet bekend wees met ‘n Sekuriteits Protokol

Werkgewers moet ‘n gewoonte aanleer om nie konfidensiële inligting voor werknemers te bespreek nie

Hanteer salarisse konfidensieel – moenie groot bedrae gelde hanteer nie, vermy lenings aan werknemers

Hou alle kluisdeure gesluit – hou sleutels op veilige plek

Moenie toelaat dat ‘n werknemer die waarde van die inhoud van kaste, kluise of die motorhuis kan skat nie

Verbied werknemers om telefone te antwoord, of om toegang te gee aan besoekers – sonder toestemming

Moenie gemaklik wees met sleutelkodes (soos vir alarm) of beheertoestelle vir hekke nie

Poog om ‘n selfoon te verskaf aan ‘n werknemer

Hou rekord van werknemers se besonderhede: I.D. Nommers, Kontaknommers,  Woonadresse, sowel Vorige werkgewer se besonderhede, asook ‘n kontaknommer van ‘n buurman

9.4.3 Tuistesekuriteit Bedags

Hou alle voordeure en veiligheidshekke gesluit, hou oop vensters aan voorkant minimaal, motorhuisdeur moet altyd toe bly

Bêre altyd gereedskap na gebruik, asook enige voorwerp wat as inbreekmiddel of wapen gebruik kan word soos bv. Leer, pype, planke, ens.

Hou kontak tussen werknemers en waghonde beperk

Moenie aan werknemers sleutels verskaf nie

Hou posbusse sowel sypaadjies skoon

Vullisverwydering – moet gedoen word die vorige dag wanneer werknemer verdaag

9.4.4 Sekuriteits Riglyne: Werknemers

Geen kuiergaste

Geen antwoord van telefone of voordeure – sonder toestemming

Geen onnodige rondlopery buite werksperseël

Hou ten alle tye voordeure en veiligheidshekke gesluit – bêre sleutels: nie vir Werknemer se gebruik

Vreemde besoekers soos: bedelaars, werksoekers, ens, moet aan Werkgewer verklaar word

Inslaapwerknemers moet toegang vanaf en op persëel verleen word vanaf Werkgewer

9.4.5 Snags 

Beperk sig van buite na binne – hou gordyne toe

Beperk oop vensters, oop deure sonder stewige veiligheidshekke

Hou motorhuisdeure gesluit

Gebruik buiteligte as Sekuriteits Medium: Skakel met tye buiteligte onnodig aan sonder om ‘n patroon te vorm, om voor te gee asof Niemand tuis is

ONTHOU: Dit is makliker om van donker na lig in te sien as wat dit is om van lig na donker uit te kyk

Maak seker alle gereedskap of losstaande voorwerpe in erf is uit sig gebêre

9.4.6 Verdagte Geluide

Moenie blaffende honde vermy nie

Moenie ligte aan binnekant van huis aanskakel nie – gebruik flitslig

Evalueer die situasie – luister na geluide, opmerkende reuke, ens

Gebruik ‘n flitslig sonder om posisie op te gee

Gebruik buiteligte

Moenie oog-hoogte om ‘n draai loer nie – beweeg in posisies van beskutting

As daar nie ‘n defnitiewe bedreiging is nie, doen sekuriteits hersiening – vensters, deure, ligte, honed

9.4.7 In Geval Van ‘N Bedreiging

Kry alle lede van die gesin saam – sonder paniek

Soek skuilplek of defensiewe posisie (Paniek Kamer)

Bewapen jouself

Skakel bure, vriende, spanlede, polisie, druk paniek knoppie vir in geval van sekuriteits maatskappy

Gebruik flitse as beligtingsmiddel

Poog om kontak te behou met persoon aan buitekant – wat nie woonagtig is by adres van bedreigings nie

9.4.8 Oprig Van Tydelike Paniek Kamer 

Die vertrek moet slegs een ingang hê, minimale vensters, en deure en vensters moet kan gestut of gesluit word van binne (Soos bv. matras voor venster en bedbodem voor deur)

Klerasie of beddegoed (of handdoeke) kan gebruik word teen rookpenetrasie in geval van brandstigting

Hou altyd kommunikasiemiddel (Radio of Selfoon) byderhand

Hou kontak met persoon aan buitekant deurentyd noodgeval – soveel as moontlik

9.4.9 Die Reg Om Die Nodige Geweld Te Gebruik

Wanneer mag ek ‘n wapen gebruik?

  • As daar ‘n onmiddelikke dreigement is
  • As die bedreiging reeds begin het
  • As die persoon ‘n dodelike wapen het soos bv: mes, vuurwapen, bottel, panga, ploftoestel, of as die slagoffer geskop word terwyl op grond

Elke persoon het die reg om familie en eiendom te beskerm, asook ‘n vriend of selfs ‘n vreemdeling – sou so ‘n persoon om hulp vra

Slegs die nodige geweld kan beoefen word, m.a.w. sou ‘n aanvaller ontwapen word, is die bedreiging nie meer dieselfde nie

Die NODIGE GEWELD moet as SELF VERDEDIGING bestempel kan word. As ‘n dief ‘n voertuig steel – skiet eerder die voertuig se wiel voor die drywer

DIE DAAD VAN SELFVERDEDIGING MOET REGVERDIG WEES

9.4.10 Defenisie Van ‘N Geldige Pleid Van Selfverdediging

Daar moet ‘n onwettige aanval wees, of so ‘n aanval is op hande

Optrede teen die aanvaller moet van so ‘n aard wees om jou eie lewe te beskerm, liggaamlikke integriteit of persoonlikke eiendom, of die van ‘n ander persoon – sou so ‘n persoon om hulp vra

Die optrede moet nodig wees vir die beskerming van regte en belange

Verdediging moet gerig wees teen die aanvaller(s)

Die daad of optrede mag nie meer skade rig as wat nodig is nie

9.4.11 Noodsaaklikheid 

Noodsaaklikheid is wanneer ‘n persoon se aksies:

  • Die belange van ‘n onskuldige derde party oortree
  • Of die Wet oortree

En:

  • Wanneer die reaksie (Daad) gerig is op die beskerming van:
  • ‘n Persoon se eie belange, of die belange van ‘n ander persoon
  • Die belange van ‘n onskuldige derde party

9.4.12 Die Verskille Tussen Selfverdediginge en Noodsaaklikheid

 SELFVERDEDIGINGNOODSAAKLIKHEID
1Die Defensiewe Aksie is gerig teen die aanvallerDie Defensiewe Aksie is gerig teen die belange van ‘n onskuldige derdeparty, of die oortreding van ‘n regulasie sonder skade aan enige persoon
2Die Defensiewe Aksie is gerig op ‘n onwettige oortrederReaksie teen ‘n gevaar vanaf enige oorsprong
3Die Aanvaller mag moontlik om die lewe gebring word, sou omstandighede dit so aanbringDie Defensiewe Aksie moes nie slegs die enigste, maar ook die enigste aanvaarbare uitweg gewees het

9.4.13 Defenisie van ‘n Pleid van Noodsaaklikheid

Die persoon moes reeds in gevaar gewees het, of die bedreiging was op hande

‘n Bedreiging vir lewe en ledemate is nie die enigste pleid wat vir ‘n pleid vir Noodsaaklikheid geldig is nie, maar ook vir ‘n bedreiging vir enige ander onwettige belange kan ‘n pleid vir Noodsaaklikheid ook geldig wees

‘n Persoon kan slegs in Noodsaaklikheid optree om ‘n ander persoon te help

Om ‘n noodsituasie te ontsnap – mag ‘n persoon die belange van ‘n derde party (soos ‘n aanvaller) verontreg of enige reel oortree (met uitvoering van NODIGE GEWELD)

Waar ‘n persoon wettiglik verbind is om die noodgeval te verduur – kan selfverdediging of noodsaaklikheid nie toegepas word nie

Verdediging dra steun slegs as ‘n persoon geen ander manier van ontsnapping gehad het nie

‘n Persoon wat reageer uit Noodsaaklikheid, kan moontlik meer skade doen as wat nodig is

AS ‘N REEL: Moet die belange wat opgeoffer word nie van groter waarde wees as van toepassing nie

9.4.14 Teorie 

Vanaf eerste kontak (Tussen Prooi en Aanvaller) tot die oomblik van waar die eerste persoon op toneel verskyn is die mees kritiese oomblik. Daar moet verstandig opgetree word

Daar moet gepoog word om informasie te samel aangaande die aanvallers self:

  • Taal
  • Kleredrag
  • Noemname
  • Wapens
  • Voertuig
  • Hoeveel gemerk kan word
  • Modus operandi – waar en hoe hul die eiendom betree het

Soveel informasie moontlik (as situasies dit toelaat)

Die eerste persoon op toneel (vriend) moet die perseel ook op so ‘n  manier benader om nie o.a. ‘n rooftog in ‘n gyselaars situasie te laat ontaard nie

KOMMUNIKASIE is altyd die mees belangrikste aspek in ‘n nood-situasie.

Die mees logiese reaksie in ‘n nood situasie is om gewoonlik eerste die naaste persoon of familielid aan jou te skakel. Daarom is die “sisteem” of “netwerk” bestaande uit vriende, familie, bure – maar betroubare persone!

9.4.15 Praktyk

Op jou selfoon stoor alle spanlede se name onder 4 Hoofletter “A’s” (AAAA – (naam))

Speed – call vir meer betroubare persone of familie

Hierdie kontaklys sal dan bo aan jou reeds bestaande kontaklys verskyn (Dit is om ‘n soektog te verminder)

Hierdie kontaklys moet ook aan die hele familie verskaf word asook gestoor word by huistelefoon

ONTHOU ALTYD:  In ‘n noodgeval sal dit beter wees om ‘n persoon wakker te bel, as om ‘n sms te stuur

Kontaklys moet bestaande wees uit persone met die volgende ter oorweging:

  • Persoon moenie in dieselfde huis woonagtig wees nie
  • Minimum van 2-5 minute weg in radius van omgewing
  • Moet deel wees van span
  • Moet bereid wees om beskikbaar te wees
  • Bekend wees met area
  • Eie vervoer ‘n vereiste
  • ‘n Langtermyn inwoner van omgewing wees

9.4.16 Probleme wat mag ontstaan

Afwesigheid van betrokkenne partye a.g.v. werk of vakansie

Misbruik van netwerk

Foutiewe netwerke (Kommunikasie)

Werksure

Siekte

Motorvoertuig probleme

Finansiële probleme

Algemene Gemoedstoestand

9.4.17 Hoe om te reageer in geval van bedreiging

As daar ‘n bona fide bedreiging bestaan – dan moet die bedreigde persoon met soveel mense van die span kontak maak as moontlik, so ook moet alle ander spanlede kontak maak met mekaar, sowel aangemoedig word om polisie te skakel

Faktore van belang voor situasie gerapporteer word (Nood-Oproep):

  • Evalueer die situasie – sou ‘n aanvaller vlug is die bedreiging eers minder
  • Maak voorsiening vir as aanvaller(s) terugkeer

Sou die aanvaller(s) terugkeer:

  • Evalueer weereens situasie
  • Hoe ver vorder aanvaller(s) – is hul al binne erf?
  • Hoeveel kan geidentifiseer word
  • Het hul vervoer, wapens, ens.
  • Kontak soveel vriende, spanlede, familie
  • Kontak polisie
  • Kontak Sekuriteits Maatskappy
  • Motiveer lede van die netwerk om ook die polisie te skakel
  • Kry familie in Paniek Kamer
  • Stut deur en versterk vensters sonder om direk voor dit te staan, in geval van vuurwapen
SKAKEL POLISIE, GEBRUIK PANIEK KNOPPIE – MOTIVEER SOVEEL ANDER BETROKKENES OM OOK DIE POLISIE TE SKAKEL, SOWEL ANDER PERSONE BETROKKE MET SEKURITEITS SPANONTHOU ALTYD DIE ADRES WAAR DIE DREIGEMENT PLAASVIND

Die Paniek Kamer moet nie verlaat word totdat:

  • Daar ‘n defnitiewe kans vir ontsnap is
  • Die eerste vriendelike stem of gesig kan geidentifiseer word
  • ‘n Geheime kode of wagwoord kan ook voordelig wees, bv: Sou ‘n wagwoord verkeerd gegee word – bly in Paniek Kamer
INSLAAP-WERKNEMERS: SOU ‘N ROWER OOIT DREIG OM DIE LEWE TE NEEM VAN ‘N BEDIENDE OF WERKNEMER, MOET DAAR IN AG GENEEM WORD DAT ‘N WERKNEMER ‘N MEDEPLIGTENDE MAG WEES

9.4.18 Eerste Persoon op Toneel

Die eerste persoon op toneel moet oplet na:

  • Verdagte persone
  • Verdagte voertuie
  • Verdagte Voertuie:
  • Registrasienommers
  • Maak
  • Kleur
  • Kenmerkende merke
  • Hoeveel insittendes
  • Verdagte Persone:
  • Hoeveel
  • Kleredrag
  • Moontlikke wapens

Soveel beskrywing as moontlik – fokus op een persoon en dan op die volgende persoon

In geval van verdagte voertuie of persone wat gemerk word by toneel:

  • Moenie jou voertuig verlaat nie
  • Kontak ander betrokkenes
  • Kontak polisie
  • Wag vir nog persone op toneel, polisie of sekuriteit
  • Bly op ‘n veilige afstand
  • Patroller omgewing in voertuig – behou kontak met ander betrokkenes – gee terugvoering / ruil informasie

Sou daar geen verdagte persone of voertuie wees nie:

  • Maak seker daar is geen verdagte persone nie
  • Parker buite sig
  • Bevestig kommunikasie met slagoffers in Paniek Kamer. Probeer vasstel of aanvallers nog teenwoordig is binne die perseel
  • Skakel weereens betrokke partye, die polisie – as nodig, en sekuriteits maatskappy – as teenwoordig
  • Skakel ambulans of huisdoktor – skokbehandelimg
  • Rapporteer deurentyd aan betrokke partye as situasie dit toelaat
AS DAAR GEEN MOONTLIKHEID VAN ONTSNAPPING IS NIE, MOET DIE SLAGOFFERS VAN GEWELD IN DIE PANIEK KAMER BLY, TOTDAT:DIE GEHEIME WOORD / KODE KAN BEVESTIG WORDTOTDAT PERSONE OP PERSEEL AS VRIEND BESKOU KAN WORD

9.4.19 Paniek kamer vir werksplek kan ook oorweeg word

  • Kommunikasienetwerk bestaande vanuit persone werksaam by ander besighede in dieselfde omgewing
  • Kombuis, badkamer, kantoor kan oorweeg word vir oprig van tydelikke Paniek Kamer
  • Volg basiese beginsels

9.4.20 Basiese inhoud van tydelikke sowel permanente paniek kamer

  • Brandblusser
  • Water
  • Mediese Voorraad
  • Flitse
  • Kommunikasie
  • Eetgoed
  • Warm klere
  • Komberse
  • Verdedigingsmiddels
  • Sekuriteit

9.4.21 Wenke vir woonbuurt

Identifiseer probleemareas in woonbuurt

Bewerkstellig ‘n nood-protokol

Tussen bure, vriende en ander belangstellendes in dieselfde omgewing

Stig ‘n kommunikasienetwerk tussen direkte bure, vriende en belangstellendes in omgewing

Wees bewus van werkers in omgewing

Hou rekords van alle werkers, I.D., Adresse, Kontaknommers

Leer werkers ‘n sekuriteits-protokol

Hou deure gesluit in werkgewer se afwesigheid

Moenie laat werknemers telefone antwoord nie

Moenie vreemde mense, of familielede van werknemers op perseel toelaat nie

Gebruik werkers se eie kommunikasiemiddel as skakelmedium

Betrek kinders asook senior burgers in sekuriteitsplan

Kommunikasiemiddel

Leer kommunikasie-protokol

“stranger-danger” – hanteer vreemdelinge versigtig

Deel informasie met ander betrokke partye

Hou rekord van gebeure (Gee beskrywing van persone en voertuie)

Moenie “tekens” vermy nie (Voetspore, platgetrapte grasse, stompies, ens)

9.4.22 Wenke vir huis

Ken alle noodnommers, hou nommers bereikbaar

Stoor kontaknommers op hele familie se selfone onder

Hou ‘n databasis van alle noodnommers vir die familie se gebruik

Maak dit ‘n gewoonte om ten alle tye jou selfoon byderhand te hou

Hou jou selfoon snags saam met jou in die slaapkamer

Moenie sleutels in of naby deure of vensters stoor nie

Maak voorsiening vir buitebeligting

Hou altyd posbus leeg

Moenie werkers sonder toesig laat nie

Stoor alle gereedskap na gebruik

Enige voorwerp kan gebruik word as inbreek instrument, of as wapen (klippe, ysters, gereedskap)

Moenie sensitiewe inligting voor bediendes bespreek nie

Hou motorhuis deure toe

Maak seker wie jou besoeker is voor jy die deur oopmaak

Kinders sowel senior burgers moet bekend wees met besoekers-protokol

Bediendes mag nie toegelaat word om sonder toestemming besoekers in huis toe te laat nie

Polisie sowel sekuriteits beamptes moet hulself kan identifiseer

Beperk sig van buite gedurende aande

Gebruik buiteligte tot voordeel

Hou altyd ‘n werkende flits op gereedheid

Waghonde is voordeel

 9.4 23 Wenke vir werksplek

Ken die uitlegging van jou werksplek, asook omgewing

Identifiseer problem areas

Agterdeure en gange

Ken jou medewerkers

Wees bewus van werkers van ander ondernemings, voertuie

Hou rekords van alle aflewerings-personeel

Bewerkstellig ‘n nood-protokol vir werksplek

Identifiseer persone van ander ondernemings om sekuriteits-protokol by werksplek te bewerkstellig

Gebruik tuissekuriteit-prinsiep by werksplek

9.4.34 Onthou

Wanneer jy jou woon of werksplek nader per voet of per voertuig:

  • Maak seker jy was nie agtervolg nie (veral vanaf banke)
  • Pasop vir persone wat naby ingange rondstaan (loitering)
  • Neem kennis van verdagte voertuie, voertuie wat stop en ry, asook onbekende voertuie wat rondstaan
  • Hou altyd sleutels buite bereik van ongemagdigde persone

Ingange moenie wegkruipplek verskaf nie, soos bv, Groot struike, potplante, of beelde

 9.4.25 Wenke vir kinderveiligheid

 Algemene sekuriteit-protokol moet aan kinders verduidelik en geleer word (Kommunikasie)

“DANGER-STRANGER” – Vreemde persone alarm! (Fluitjie)

Kinders moet nie kontakbesonderhede of beskrywing van huis aan vreemdelinge gee nie

Loop en speel in groepe (ook by die skool)

Leer kinders die nodige noodnommers,  wie om te kontak in noodgeval

Gee jou kind die verantwoordelikheid van sy eie selfoon

Leer besoeker-protokol  

Kinders behoort nie alleen gelaat te word by die huis nie, indien wel moet so ‘n kind nooit aan ‘n vreemde besoeker bekend maak dat hy of sy alleen by die huis is nie.

Oproepe moet ook hanteer word deur te sê ‘n ouer kan nie nou die oproep neem nie, om rede so ‘n ouer besig is – neem ‘n boodskap.

Kinders moet die gewoontes aanleer:

  • Om vensters en deure te sluit
  • Hoe om kontaknommers sowel noodnommers te gebruik
  • Om huisadres te memoriseer

9.5 Inligting

Inligting moet oorwegend vir sekuriteits doeleindes gebruik word, en behels o.a:

  • Ontsnapping en ontvlugtingspunte van aanvallers te bepaal
  • Moontlikke observasie punte en wegkruipplekke van aanvallers te bepaal
  • Uitleg van algemene direkte omgewing

9.6 Logistieke

Logistieke is voorrade wat gebruik moet word om sekere funksies te kan uitvoer, soos b.v. tweerigting radios, flitse, selfone, ens. Asook noodsaaklikhede vir die geval van ‘n ramp.

  • Brandblusser
  • Water
  • Mediese Voorraad
  • Flitse
  • Kommunikasie
  • Eetgoed
  • Warm klere
  • Komberse
  • Verdedigingsmiddels
  • Sekuriteit

9.7 Huis en Haard Beskerming Opsomming 

Huis beskerming

  • Plase is ver uit mekaar
  • Boere se gemiddelde ouderdom is 65
  • Paraatheid
  • Die boer is verantwoordelik vir sy of haar eie veiligheid
  • Evaluering van die plaas omgewing
  • Is daar omheining
  • Is dit ge-elektrifiseerd
  • Is daar honde
  • Plante groei
  • Dink soos ʼn misdadiger
  • Plante moet nie dig op mekaar wees nie
  • Het ek ʼn skootsvlak om myself te verdedig
  • Beligting
  • Beligting – hoe en waar
  • Weet jou mense waar ligte is
  • Werk die ligte op remote

Diefwering

  • Beskik huis oor diefwering
  • Weet huisgesin wanneer en hoe huis te verlaat
  • Beskik jy oor ontsnap roete
  • Veilige vertrek
  • Het u ʼn veilige vertrek in die huis
  • Weet almal van huisgesin waar dit is
  • Beskik die kamer oor ʼn versterkte deur

Noodplan

  • Beskik u oor ʼn noodplan
  • Dra die huis mense kennis daarvan
  • Word dit soms geoefen

Kommunikasie

  • Sê wanneer u uitgaan – dag of nag
  • Waarheen gaan jy
  • Die roete wat jy of sy gaan gebruik
  • Wanneer gaan jy terug wees

Moontlike bedreiging

  • Maak seker alle gesinslede is binne die huis
  • Moet jouself nie ontbloot nie
  • Moet nie uit die huis gaan nie

Raporteer

  • Bel iemand
  • Verduidelik dat jyonrustig is
  • Gee al jou kontak besonderhede deur
  • Vra vir ondersteuning

Beligting binneshuis

  • Skakel alle ligte af
  • Moet jouself nie voor venster ontbloot nie
  • Kyk na jou klere drag
  • Het jy betroubare flitslig

Vuurwapen

  • Waar is jou vuurwapen
  • Hou dit byderhand
  • Waar is die ammunisie
  • Bulletproofs moet aan wees

Noodnommers

  • Ken jy die nood nommers
  • Het jy dalk ʼn lysie

Skietkuns en vuurwapen hantering

  • Is u vertroud met die vuurwapen
  • Het u ammunisie in voorraad
  • Wanneer het u laas geskiet
  • Beskikbaar van vuurwapen
  • Is u wapen onmiddelik beskikbaar
  • Is die wapen skoon en diensbaar
  • Weet u waar die kluis se sleutel is

Afgeleë plekke

  • Obserweer terwyl jy deur die dag besig is
  • Neem ek my vuurwapen saam met my wanneer ek beeste toe gaan
  • Of as ek dorp toe gaan
  • Daaglikse roetine
  • Dit moet nooit dieselfde tye wees nie
  • Dieselfde roete
  • So baie drink dat u sintuie verdoof nie

Moet

  • Doen gereeld inspeksieop die werf
  • Kyk elke aand of buitegeboue gesluit is
  • Verwyder alle voertuie se sleutels
  • Identifikasie van werknemers
  • Maak fotostate van ID boekies
  • Verkry alle moontlike inligting van jou werkers
  • Indien iemand jou plek oppas, maak seker dat hulle weet wie werk daar

Plaaswinkel

  • Winkel is baie keer die oorsaak van aanvalle
  • Let op verdagte persone
  • Sorg dat u nooit winkel alleen sluit nie.

Betaling

  • Kry bankbesonderhede
  • Betaal geld elektronies in
  • As een wil geld leen, tref vroegtydig reëlings

Kuier gaste

  • Handhaaf u reg as grond eienaar
  • Werkers moet toestemming vra vir kuier gaste
  • Skryf alle kuier gaste se besonderhede neer

Alarm stelsels

  • Aktiveer alarmstelsels wanneer huis verlaat
  • Is dit gekoppel aan sekuriteits maatskappy
  • Is daar reaksie na die plaas of huis.

Honde

  • Wees bedag opdiehonde wanneer u tuiskom
  • Kyk na hulle gedrag
  • Kyk of almal daar is

Eksterne alarm

  • Dit is goedkoop en maklik om te gebruik
  • Aktiveer in geval van nood
  • Iemand sal komkyk

Brand

  • Brandblussers in huis
  • Is hulle gediens

Noodhulp

  • Het jy alle basiese noodhulp items in jou huis

Plaaspatrollies/buurtwagte/beweging in die nag

  • Dit gebeur mos altyd dat wanneer ons klaar gewerk het raak ons rustig voor dieTV
  • Ons ry nie meer net ʼn draai in die omgewing om te sien wat aangaan
  • Geen betrokkenheid by buurtwagte en of plaaswag nie
  • My buurman sal mos kyk

Aanduidings

  • Vreemde persone in jou omgewing
  • Vreemde voertuie
  • Hond vrek onverklaarbaar

Ondersoek nag ( indien jy moet uitgaan)

  • Sê jou huismense dat jy uitgaan
  • Laat hulle die deur agter jou sluit
  • Trek jou bulletproof aan
  • Wag tot jou oë die donker gewoond raak
  • As alles in orde buite is en jy moet terugkeer huis toe

Pistool

Haelgeweer                Beveiliging van wapens voordat jy huis betree

Rewolwer

Fiksheid

  • Kan ek nog goed beweeg
  • Dit is baie belangrik dat elkeen in die familie een of ander fiksheid het

Evaluering van woonhuis en omgewing

  • Draad heining
  • Kommunikasie
  • Honde
  • Voertuie (hoe word voertuie geparkeer)

TEKEN PLAN VAN HUIS ASOOK BUITEGEBOUE EN HINDERNISSE. BESPREEK HIERDIE PLAN MET JOU SEKTOR LEDE.

error: Content is protected !!