
MODULE 1.2 LANDELIKE VEILIGHEID
Landelikeveiligheidsplan
5.1 Inleiding
Plaasaanvalle en Grondbesetting is soos enige ander misdaad.
Geen misdaad kan plaasvind as daar nie ‘n geleentheid vir so ’n misdaad bestaan nie.
DOEL: Met die opleiding, sal u instaat gestel word om al die geleenthede van die aanvaller te ontneem, en sodoende ‘n misdaad vrye omgewing vir uself te skep.
5.2 Landelike Veiligheid
Die veiligheid en sekuriteit van die bevolking van die RSA is ‘n hoë prioriteit vir die Regering.
Die landelike gemeenskappe as ‘n ekonomies lewensvatbare groep, dra soos ander gemeenskappe, baie by tot die welsyn en voorspoed van hierdie land.
Die erns van voortdurende dade van geweld in die landelike gemeenskappe vereis dat die Suid Afrikaanse Polisiediens ‘n omvattende strategie om met hierdie probleem te handel moet formuleer.
5.3 Agtergrond
Boere en plaaswerkers word deur kriminele as sagte teikens beskou-
- As gevolg van besighede wat vanaf plase bedryf word wat teikens skep vir kriminele.
- As gevolg van die groot afstande tussen plase
- Baie bewoners van die platteland is dikwels ouer en kwesbaar .
Geweld op plase is brutaal en sinneloos
Effektiewe and volhoubare aksies vereis: – ‘n kollektiewe benadering – Gedeelde visie – Gedeelde hulpmiddels en energie
5.4 Doel van die SAPD se Landelike Beveiligingstrategie
Spreek landelike veiligheid aan as ‘n geïntegreerde en holistiese dag tot dag misdaadvoorkomingsbenadering (veiliger gemeenskappe)
Bevorder dienslewering, toeganklikheid, polisie reaksie en vennootskappe
Betrek alle polisiëringseenhede in ‘n geïntegreerde multi- dissiplinêre wyse
Verbeter ondersoek en skuldigbevinding
Optimale benutting van beskikbare magvermeningvuldigers
Versterk ‘n geïntegreerde en gekoordineerde ontplooiing langs die grens om die onwettige oorgrens beweging van mense, goedere en smokkelhandel te bestry en streeksamewerking te verbeter
Vestig veiligheidsnetwerke, gemeenskapsopvoeding / bewustheid en mobiliseer die gemeenskap in misdaadvoorkomingsinisiatiew
Betrek Regering en eksterne rolspelers / belanghebbendes in ‘n geïntegreerde, gesamentlike en gekoordineerde wyse
Versterk die beginsels van sektorpolisiëring
5.5 Voorkomende Maatreëls – Sielkundig
| 18:00 – 21:00 | Lok jou uit die huis-Vang jou voor die TV-Verras jou met terugkeer van die werk buite die huis |
| 21:00- 02:00 | Maak jou wakker in die bed- lok jou uit die kamer, verras jou by die tv |
| 02:00- 05:00 | Lok jou uit die kamer |
| 05:00-10:00 | Wanneer jy uitgaan, verras hulle die vrou in die huis |
| 10:00 – 13:00 | Week- verras die vroue in die huis. Wag vir die man binne die huisVerras jou buite die huis in die tuin. |
| 13:00- 18:00 | Terug van die werk afKoop items by die huis.Verras die vrou binne/buite die huis |
5.6 Verrassingselement
- Gevoel van lamheid wanneer jy met ‘n onbekende situasie gekonfronteer word: Kan nie dink nie.
- Kan nie reageer nie.
- Wanneer wel reageer
- Geen logika.
- Reageer in paniek.
- Reageer dan presies soos wat die aanvaller dit verwag.
5.7 Voorkomende Maatreëls – Fisies
Vroeë waarskuwing – Alarm stelsels
- honde –
- ganse –
- tuisgemaakte alarms –
- gruis rondom huis
- Sekerheidsligte
Kommunikasiestelsels / alternatiewes
Sluit kragtoevoerkaste / alternatiewes
Afstandbeheerde hekke / deure
Sluit implimente
Pas sleutelbeheer toe
Gereelde teikenskiet op plaas
Hou inspeksies op plaas
Opleiding van alle lede op plaas
Skakel in by bestaande veiligheidsstrukture
Huisverharding
Let op na detail in die omgewing en rapporteer die ongewone.
5.8 Gebeurlikheidsplanne
Tipes
Persoonlike gebeurlikheidsplan
Plaas / Huishouding gebeurlikheidsplan
Sektor gebeurlikheidsplan
5.8.1 Vereistes
Goeie verbindings
Kontakbesonderhede
Maak van alarm
Sielkundige voorbereiding om kalm op te tree
Persoonlike paraatheid
Gereelde inoefening
Kort en kragtig
Deeglike waardering
Dit is die optrede wat gevolg sal word tydens enige situasie wat kan ontstaan.
Dit sal insluit alle optredes sowel as hulpbronne tot beskikking.
Elke senario of situasie sal verskillende optredes vereis/verlang.
Geen regiede plan / riglyn kan voorgehou word nie. Elke plan moet volgens plaaslike omstandighede opgestel word.
Die plaaslike omstandighede word in aanmerking geneem na gelang van ‘n waardering.(SWOT analiese)
Alle aspekte wat ‘n bydra kan lewer tot die beveiliging / beskerming van lewens en / of eiendom moet in aanmerking geneem word.
Hierdie info moet gemeet word aan die voor – en nadele wat dit vir beide die verdediger en aanvaller sal inhou.
Hierdie voor – en nadele kan onbewustelik of doelmatig waargeneem word.
Die resultaat is ‘n plan wat almal ken en wat uitvoerbaar is.
Dit hoef nie uitgerekte dokument te wees nie.
Dit kan ‘n plan van aksie wees wat u in u kop het en gereeld deur u gedagtes laat werk.
5.8.2 Waardering – Terrein
- Topografie
- Hidrografie
- Plantegroei
- Klimaat en weer
- Infrastruktuur
- Belangrike installasies
- Ander belangrike geboue/instansies
5.8.3 Waardering – Bedreiging
- Misdaad tendense
- Geteikende areas
- Kriminele groeperinge
- Taktiek in gebruik
- Wapens in omloop
5.8.4 Waardering – Eie Magte
SAPD
Nood en Ramp
Sekerheidsmaatskappye
Plaaswagte
Omliggende selle/sektore
5.8.5 Waardering – Bevolking
Verspreiding en konsentrasie punte
Gesindhede
Gewoontes/aktiwiteite
Werkloosheid
Politieke gesindhede
Sosiale statuses
Sagte teikens
5.8.6 Opstel van kaarte
Elke sektor gebied moet verteenwoordig word op ‘n kaart.
Die doel van die kaart is om alle rolspelers en bydraende faktore aan te dui.
Die volgende kan aangedui word: Nommer van elke plaas / postal. Alle relevante faktore soos in die waardering aangedui is.
Elke individuele plaas moet ook ‘n kaart van sy werf/opstal opstel.
Sluit in die volgende:
- Skets van die huis en plaaswerf.
- Werkers ingesluit
- Toegangs/ontsnaproetes
- Hindernisse na en om die opstal
- Skuiling
- Veilige plek in huis
5.8.7 Opstel van plan
Alarm word gemaak deur boer.
Persoon wat alarm ontvang, verwittig plaaswag/sektor bevelvoerder.
Alle ander lede word ge-aktiveer.
Lede kom bymekaar by voorafbepaalde RV.
Seksieleier neem bevel en taak lede.
Twee lede beveilig toneel.
Stig GOS.
Ander lede gaan voort met sigbare aktiwiteite.
Huis-en-Haard beskerming gaan voort (sagte teikens).
Omliggende lede lewer bystand.
Aktiwiteite duur voort totdat situasie ontlont is.
Verseker dat u en al die belanghebbendes die volgende weet:WIE Moet WAT WAAR WANNEER Met WATTTER hulpbronne uitvoer.
5.9 Misdaad Tonele
Dit is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die SAPD om misdaad te ondersoek.
Vir suksesvolle vervolging om plaas te vind, moet ‘n deeglike ondersoek eers gelas word.
Misdaad tonele dien as die wegspringblok vir so ‘n ondersoek – “Holy Ground”.
Optredes by tonele moet in die gebeurlikheidsplanne ingesluit wees.
Beweging na en op die toneel moet beperk word.
Eerste persoon op die toneel moet eers verseker of die toneel veilig is.
Vergewis u van die situasie.
Indien moontlik, sper die hele toneel af.
Vermy enige onnodige beweging op die toneel.
Moet geen ongemagtigde persone of nuuskieriges op die toneel toelaat nie.
Sover moontlik moet roetes wat moontlik deur die oortreders gebruik was, vermy word.
Moenie aan enige ooglopende bewysstukke peuter nie.
Indien die SAPD opdaag, identifiseer uself en gee alle beskikbare informasie oor aan die lid in bevel.
Dui ook aan van watter roete u gebruik gemaak het en waar u oral beweeg het.
Mens is van nature nuuskierig, maar selfs meer krities. Moet dus nie dat u nuuskierigheid veroorsaak dat die SAPD nie hul werk kan doen, en gevolglik onder u kritiek deurloop nie.
5.10 Onthou
As die huiseienaar geweet het watter tyd van die nag die dief kom, sou hy wakker gebly het en nie toegelaat het dat daar in sy huis ingebreek word nie. Om dieselfde rede moet julle altyd gereed wees.” Matt 24:43
