MODULE 2.3 BEPLAN EN OEFEN VIR GEBEURLIKHEDE

Gebeurlikheidsbeplanning

Vir noodsituasies tydens eskalerende politieke oproerigheid en algemene noodtoestande

13.1 Inleiding

Hierdie stuk beskryf die gebeurlikheidsbeplanning wat deur gemeenskaps veiligheidsorganisasies getref kan word, rakende eskalerende politieke oproerigheid en algemene noodtoestande.

Dit moet in ag geneem word dat die hantering van politieke oproerigheid en noodtoestande primér die verantwoordeliklleid van die staat bly. Essensieel sal die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die hoof uitvoerder wees, met toepaslike steun soos voorsien deur ander relevante staatsdepartemente. In die geval van noodsituasies raak die polisie se publieke orde polisiéringseenhede (POPS) gewoonlik betrokke; en in uitermatige omstandighede, die spesialis- vermoéns van die SAPD soos die spesiale taakmag, honde-eenheid en intervensie eenheid.

Dit is vanselfsprekend dat plaaslike regeringsinstansies, rampbestuur en nooddienste by die hantering van noodsituasies betrokke sal wees.

Die primére verantwoordelikheid van gemeenskapsveiligheidsorganisasies sal wees om tot die beveiliging van gemeenskappe by te dra en hulp aan die SAPD re voorsien. Die ideaal is dat gebeurlikheidsbeplanning vroegtydig saam met instansies soos die SAPD, plaaslike regeringsinstansies, plaaslike nooddienste en plaaslike private sekerheidsorganisasie gedoen moet word.

In die praktyk word dit aanbeveel dat ’n gesamentlike operasiesentrum (GOS) vroegtydig saam met ander deelnemers gestig moet word om doeltreffende bevel-en-beheer oor noodoperasies uit te oefen. Dit sal eenheid van poging meehelp en verseker dat elke organisasie wat deelneem regmarig aangewend word.

Vir praktiese doeleindes word die riglyne vir gebeurlikheidsbeplanning in die hoofstuk volgens die uitleg van ’n operasionele plan/operasionele instruksie uiteengesit.

13.2 Situasie

Oorsig van die Situasie. Dreigende noodsituasies oral in Suid-Afrika noodsaak gebeurlikheidsbeplanning vir die beveiliging van kwesbare gemeenskappe. Dit kan soos volg vir beplanningsdoeleindes toegelig word:

Onlangse dreigemente wat die politieke ontwrigting van vele plaaslike munisipaliteite en hulle omliggende areas insluit het betrekking. Laasgenoemde verwys spesifiek na politieke onrus wat reeds in verskeie dorpe plaasgevind het.

Dreigende konfliksituasies kan eskaleer as gevolg van die regering se onlangse mosie wat ingedien is oor grondonreiening sonder vergoeding en die toenemende praktyk van onwettige grondbesettings.

Politiek onrus word toenemend aangewakker as gevolg van swak dienslewering deur die regering op alle regeringsvlakke.

Rasse onmin word toenemend deur ’n verskeidenheid linkse en regse politieke groeperinge ontketen wat deur haatspraak aangewakker word.

 13.3 Bedreiging

Politieke onrus, tans in Suid-Afrika, word as ’n reel deur linkse politieke akriviste ontketen. Swak munisipale dienslewering word dikwels as die hoof oorsaak vir wettige optogte, sowel as onwettige oproerige optrede voorgehou.

Dit dien in baie gevalle slegs as verskoning om sekere politieke groeperinge se onderduimse oogmerke te verbloem. Sommige gemeenskappe word maklik opgesweep, as gevolg van swak heersende sosio-maatskaplike omstandighede in die land en n heersende kultuur by menige van politieke ongehoorsaamheid en onverdraagsaamheid.

Die bedreiging manifesteer tipies in dorpe wat deur betogers vir een of ander rede geteiken word, meesal aangehits deur politieke aktiviste. Dit word gekenmerk deur: Gewelddadige betogings; brandstigting; intimidasie van inwoners; plunderveldtogte; onwettige afsluiting van paaie; taxigeweld; onwettige grondbesettings; en toenemende geweldsmisdaad.

In die meeste gevalle word bogenoemde situasie weens die onvermoé van die SAPD om wet en orde te handhaaf vererger. Die gevaar bestaan dat politieke onrus oral in die land skielik in onwettige geweld en grondbesettings kan ontaard.

Dit sluit die heersencle bedreiging in van misdaadbendes om plaasaanvalle en moorde op gereelde grondslag uit te voer. Die gevaar van eskalerende politieke onrus in die land en selfs grootskaalse anargie word hierby ingesluit.

Lugsteun. Beskikbare lugsteun, soos voorsien deur vrywillige lugsteuneenhede of elemente, kan ter ondersteuning vir die uitvoering van gebeurlikheidsbeplanning op bystand geplaas word.

Naam van die Gebeurlikheidsplan. ’n Toepaslike naam moet vir die gebeurlikheidsplan gegee word; byvoorbeeld Operasie Wakkerloop

Kodewoord vir die Gebeurlikheidsplan Dit is die gebruik dat ’n toepaslike kodewoord vir die aktivering van ’n gebeurlikheidsplan bepaal en neergelé moet word. Dit is om eenvormige en vinnige optrede te inisieer en om sekerheid te handhaaf. Byvoorbeelcl: Kodewoorcl Ramkat, vir die inisiéring van Operasie Wakkerloop

13.4 Opdrag

Die opdrag bevat die essensie van wat gedoen moet word om die situasie te herstel. Dit wil sé om die ontluikende noodsituasie te voorkom of andersyds ten beste te hanteer. Gewoonlik word die gebeurlikheidsplan in noue samewerking met ander relevante rolspelers en belangegroepe uitgevoer Die primére fokus van gemeenskapsveiligheidsorganisasies is om die veiligheid van die wetsgehoorsame burgers te help verseker.

13.5 Uitvoering

13.5.1 Algemene Skets

Die operasionele ontwerp vir die gebeurlikheidsplan om te ontplooi ter ondersteuning van ’n aktiewe gebiedsbeskermingsoperasie in samewerking met die gemeenskap, relevante rolspelers en belangegroepe.

Die plan behels die tydige op bystand plaas van gemeenskapsveiligheids organisasies. Die oogmerk is om gebiede tydens noodsituasies te help beveilig, ten uitvoere van vooraf opgelegde operasionele take. Laasgenoemde kan die beskerming van kwesbare punte wat die veiligheid van gemeenskappe beinvloed, insluit.

Wanneer ’n gebeurlikheidsplan in werking tree word toepaslike gemeenskaps veiligheidsorganisasies gewoonlik op bystand geplaas (byvoorbeeld op 1-uur bystand) en die operasiesentrum op ’n 24/7 grondslag bedryf.

Beplanning en uitvoering in hierdie opsig is ’n voortdurende proses en moet deurentyd aangepas word, soos wat die operasie deur sy verskillende fases in werking gestel word. Laasgenoemde behels:

13.5.2 Voorbereiding, Beplanning en Inoefeninge.

Deurlopende monitoring van die veiligheidsituasie en gevaaraanduidings.

Die tydige op bystand plaas van addisionele veiligheidsorganisasies, Wanneer dit noodsaaklik raak.

Ontplooiing en aanwending van veiligheidsorganisasies in samewerking met ander relevante statutére en nie-statutére belangegroepe.

Beéindiging van die operasie, wanneer die situasie na normal terugkeer.

Die hou van ’n nabetragting en daaropvolgende verslagdoening.

Gereelde terugvoering aan die gemeenskap en alle deelnemers is van uiterste belang. Dit sluit die hou van nabetragtings, die opdatering van veiligheidsdoktrine en opleiding en regstellende optredes in.

13.5.3 Spesifieke Take

Tipiese take van die onderskeie taakorganisasies van veiligheidsorganisasies kan byvoorbeeld die volgende wees  verwys in dié opsig na die take van ’n gemeenskapsveiligheidseenheid vir gebiecdsbeskermings, soos uiteen gesit

Hoofkwartier van die Gemeenskapsveiligheidseenheid

Deurlopende inligtinginsameling, monitering van gevaaraanduidings en voorsiening van inligting.

Die stig en voltydse bedryf van ’n gesamentlike operasiesentrum (GOS).

Beplanning en voortgesette uitvoering van gebiedsoperasies met bestaande vermoé om te help om konflik situasies te voorkom en te hanteer en normaliseer.

Voorbereiding vir en voortgesette beplanning vir die uitvoering van die gebeurlikheidsplan.

Opleiding en inoefeninge om te verseker dat die veiligheidseenheid en spanne gereed is vir die uitvoering van die gebeurlikheidsplan

Aktivering van bystandmaatreels, ooreenkomstig Aanhangsel.3/15/A: Bystandmaatreéls vir die Ontplooiing van Mobiele Bevelsposte en Skakelspanne  tydens Noodsituasie. Dit wil se, wanneer die gevaartekens aandui dat gebeurlikheidsbeplanning in werking gestel moet word.

Onderskeie Veiligheidsspanne van die Gemeenskapsveiligheidseenheid

Verseker operasionele gereedheid en rapporteer dienooreenkomstig. Dit wil se wat die uitvoering van opgelegde take aanbetref.

Verseker dat vroeé waarskuwingsprosedures en bystandreélings in plek is wanneer die gebeurlikheidsplan geaktiveer word.

13.5.4 Voer opgelegde take uit soos opgedra.

Koordinerende Instruksies

Uiteensetting van en verduideliking van toepaslike kodewoorde en byname vir die aktivering van die gebeurlikheidsplan. Die kodewoord word slegs deur die uitvoerende hoofkwartier uit gereik.

Koordinerende instruksies, soos van toepassing vir die oorhoofse operasionele plan, geld ook vir die gebeurlikheidsplan ter sprake

Bystandmaatreéls vir die ontplooiing van mobiele bevelsposte en skakel spanne tydens noodsituasie geld, soos uiteengesit in Aanhangsel A.

Gevaaraanduidings van naderende onrus situasies kan die volgende wees:

Merkbare onrustigheid by plaaslike gemeenskappe.

Rapportering van intimidasie en persone wat wegbly van die werk af.

Waarskuwings deur die SAPD van naderende konfliksituasie.Waarskuwing van oorhoofse veiligheidsentrums van naderende konfliksituasie.

Aansoek by plaaslike aktiviste-groepe vir die hou van betogings.

Vertraging van dienste.

Aanduidings van eskalerende konflik in sosiale media.

Rapportering van naderende konflik deur informante.

Hoéprofiel ongemerkte voertuie en busse nader die potensiéle konflikareas.

Media teenwoordigheid word opgemerk by potensieie konflik areas.

13.6 Administrasie en Logistiek

Administratiewe en logistieke reélings, soos van toepassing vir gemeenskapsveiligheidsorganisasies ooreenkomstig oorhoofse operasionele beplanning, geld ook vir gebeurlikheidsplanne. Dit word gewoonlik in ooreenstemming met oorhoofse beleid en staande operasionele prosedures (SOP) uitgevoer.

13.7 Bevel en Sein

Die maatreéls om effektiewe bevel-en-beheer vir gebeurlikheidsplanne toe te pas is van kardinale belang. Dit moet nougeset met die sein- en telekommunikasievermoéns wat reeds vir oorhoofse operasionele planne bevestig is, uitgevoer word. Dit dien in alle gevalle as die rugraat vir enige veiligheidsoperasie.

Bevel-en-beheer moet dus volgens oorhoofse beplanning en toepaslike staande operasionele prosedures (SOP) van gemeenskapsveiligheidsorganisasies uitgevoer word

Kommunikasiesekerheid geniet eweneens voorrang tydens die uitvoering van gebeurlikheidsplanne.

Sodra die toepaslike kodewoord vir die aktivering van die gebeurlikheidsplan uitgereik word, funksioneer die operasiesentrum op ’n 24/7 grondslag.

error: Content is protected !!