Inleiding tot Kommunikasie 

10.1 Inleiding tot kommunikasie

10.1.1 Wat is radio kommunikasie ?

Radio kommunikasie is die gebruik van ’n twee rigting radio, om met ‘n ander persoon wat ook in besit is van ’n twee rigting radio is met dieselfde frekwensie, te kommunikeer deur radio golwe wat deur hierdie radio’s uitgestuur word. Daar is dus geen verbinding tussen hierdie twee persone nie. Kommunikasie kan ook op verskillende maniere geskied, soos bv deur spraak of deur morse kodes, of dan digital.

Algemeen gebruik van twwe rigting radio’s is om deur middle van spraak met ander persone te kommunikeer. Dit is ook moontlik vir baie ander persone met dieselfde frekwensie om ook in te skakel en met mekaar te praat. Daar moet egter onthou word dat slegs een persoon op ’n slag kan praat, maar dat almal van die ander kan daarna in luister.

10.1.2 Hoe werk dit ?

Op sy eenvoudigste gestel, omskep of moduleer ‘n tweerigtingradio jou stem in ’n elektromagnetiese sein wat dan op spesifieke frekwensie versend word via ‘n antenna wat aan die radio gekoppel is. ‘n Ander radio ontvang die sein, en sit dit wee rom in klank.

Die manier waarop jou stem of die sein omskep word, en die manier waarop die sein versend en ontvang word, word bepaal deur die soort radio wat jy gebruik. ‘n Radio sein beweeg of horisontaal in ’n reguit lyn tussen radio‘s of vertikaal die ruimte in. Seine wat die‘ ruimte in versend word , kan terug aarde toe gekaats word as die teen van die buite lae van die aarde se ionosfeer tref.

10.1.3 Doel van kommunikasie:

Om kommunikasie daar te stel tussen verskillende Bestuurders en lede, sodat opdragte baie vining en doeltrefiend by die ander uit te kry. Geen ander tipe van kommunikasie sal in tye van nood daar wees om te gebruik nie en sal radio kommunikasie die enigste middle wees om ander persone te bereik en om jou boodskap oor te dra.

Kommunikasie is oo die middle waarmee persone oor lang afstande met mekaar kan kommunikeer en kan so vér as enige land oorsee wees.

Dit is ook daar om oor Kort afstande met mekaar te kommunikeer, sonder om hierdie persoon of persone te sein.

 10.1.4 Noodsaaklikheid van radio kommunikasie

‘n Radio is seker die belangrikste toestel wat jy sal besit, dit sal selfs belangriker wees as nood voorrade. Al besit jy al die voedsel en water en jy beland in die moeilikheid en jy het nie die nodige middele om ander persone te kontak om jou te help nie, dan het jy niks.

‘n Radio is ‘n tipe van lewens polis wat jy vir jou en jou gesin aanskaf. Radio kommunikasie tussen lede help om vining doeltreffend tussen mekaar te kommunikeer en nodige inligting te versprei.

10.2 Verskillende tipe radio’s

10.2.1 HF Radio

HF of ook genoem Kortgolf radio word uitgesaai in die frekwensieband tussen 3 MHz en 30 MHz. Die band se golflengtes strek van 10 tot 100 meter. Dit word HF genoem omdat die golflengtes ingebruik in die begin dae van radio korter was as wat destyds gebruiklik was. Kortgolf word veral gebruik om baie lang afstande te oorbrug.

Die senders in die ultrakortgolf band waaraan ons nou gewoond is saai in teenstelling in ’n reguit lyn uit. Omdat die aarde gekrom is , is die bereik van so ‘n sender, afhangend van sy hoogte en sterkte, gewoonlik slegs so 50 tot 100 kilometer.

As gevolg van hulle lang golflengte volg die golwe in die middel en langgolf lengtes die aardoppervlak en kan redelike afstande daarmee oorbrug word,middelgolf tot so 300km en langgolf so 1000km. Kortgolf het daarenteen ’n spesiale eienskap ; die ionosfeer van die aarde reflekteer die seine terug na die aarde.

Deur gebruik te maak van hierdie weerkaatsing is dit moontlik om afstande van baie duisende kilometers te oorbrug. Vanwee hierdie eienskappe was HF – bande by baie gebruikers popular gewees, sowel militér as siviel, van omroepsenders tot lang-afstand kommunikasie.

10.2.2 Marnet

Ook dieselfde as HF en word net tans gebruik deur persone op plase. Daar is 7 frekwensies wat in gebruik is en hierdie frekwensies word reg deur die land gebruik en bly dieselfde. Dit word ook die Brug B genoem, wat staan vir Burgerlike Beskerming.

Frekwensies wat gebruik word is

67.0000 tot 68.1500

  • Kanaal 1 privaat gebruik
  • Kanaal 2 algemene roep kanaal
  • Kanaal 3 praat kanaal
  • Kanaal 4 brandbestryding kanaal
  • Kanaal 5 ER24 ( Medies)
  • Kanaal 6 werk kanaal
  • Kanaal 7 werk kanaal
  • Kanaal 8 werk kanaal
  • Kanaal 9 werk kanaalnog n privaat of repeater kanaal

10.2.3 VHF (Very high frequency)

Met Very High Frequency of VHF word frkwensies in die radio spectrum aangedui tussen 30 tot 300 MHz Die radiogolwe het ‘n golflengte van 1 tot 10 meter en word daarom ook wel meter golf genoem. ‘n Ander benaming vir hierdie frekwensie is ultrakortgolf.

Dit moet egter nie verwar word met Ultra High Frequency (UHF), die band wat ’n stap hoer is as VHF.

10.2.4 UHF (Ultra highfrequency)

Met Ultra High Frequency of UHF word frkwensies in die radio spectrum aangedui tussen 300 en 3000MHz. Die radiogolwe het ‘n lengte van 100 tot 1000 millimeter en word daarom ook wel decimeter golf genoem.

Die frikwensies bereik ook bale toepassings en is dan ook relatief druk beset. Die groot voordeel is die kort golflengte, wat dit moontlik maak om relatief klein antennas te gebruik van ‘n enkele sentimeter.

10.2.5 CB 27 MHZ

Met die term 27 MHz of 27 megacycles per second word gewoonlik die CB golflengte bedoel. Die term is die verouderde Engelse benaming vir 27 Hertz, die algemene frkwensie.

Die golflengte is 11 meter. Vandaar dat die CB -Band ook wel 11 meter band genoem word. CB staan vir Citizens Band, wat in Engels “ Band vir die burger beteken”

In Suid Afrika LOOP DIE BAND VAN 26,965 MHZ tot 27,405 MHz

10.3 Gebieds radio’s en toerusting

10.3.1 Algemene gebruik van Frekwensies

  • HF = Gebruik deur Bevelvoerder en of Bestuurder in die gebied
  • VHF = Gebruik deur Bevelvoerder en of Bestuurder asook lede
  • UHF = Gebruik deur Bevelvoerders en of Bestuurders
  • Midband = Gebruik deur Bevelvoerder en of Bestuurder sowel as lede
  • CB = Gebruik deur lede

10.3.2 Battery Tipe en Noodsaaklikheid

Enige tipe battery wat lang Iewe het en wat herlaaibaar is. Hierdie batterye kan gebruik word in tye van nood , as daar nie elektrisiteit is nie. Ook hierby moet lede sorg dat hulle die nodige herlaai kabels en toerusting het om hierdie batterye te herlaai. Batterye word ook gebruik om LED —liggies te voorsien van krag en is dus baie belangrik om so ’n battery aan te skaf.

10.3.3 Son Panele

Hulle kan gebruik word om batterye te herlaai. lndien daar na son panele gekyk word , betaal eerder iets meer en en kry iets ordentlik. Son panele kan ook gebruik word om handradio‘s se batterye te herlaai.

10.3.4 Antennas

10.3.4.1 Wat is ’n antenna en hoe werk dit.

‘n Antenna is ’n eiektriese toestel wat elektrisiteit omskakei in radio goiwe en weer andersom.’n Antenna word normaalweg met ’n radio sender of radio ontvanger gebruik. Wanneer die radio gebruik word om mee uit te saai, word ’n verwerkte radio frekwensie eiektriese spanning na die antenna gestuur wat dit dan in ‘n eiektromagnetiese veid omskakel en dit in die atmosfeer vrylaat.

Hierdie radio golf word dan deur ‘n radio ontvanger, deur middel van sy antenna opgestel en dit sit dit weer weerom in elektrisiteit wat dan ’n elektromagnetiese radio frekwensie is, en sodoende word daar tussen twee radio’s gekommunikeer.

10.3.4.2 Veskillende antennas

Daar is verskmende antennas, watverskmend reageer met die radio golwe wat deur hulle gestuur word. Daar is ’n Omni direksionele antenna (whip antenna ) wat radio seine in alle rigting instuur. Die rigting direksionele antenna (Yagi) wat die radio golwe in ’n bepaalde rigting instuur Hierdie (Yagi’s) word gebruik om lang afstande te bereik in ‘n bepaalde rigting, hulle is ook baie goeie ontvangs antennas.

’n Yagi word ook saam met ‘n rotator gebruik, sodat die antenna in die verlangde rigting gedraai kan word.

Antennas word gebou om ‘n sekere frekwensie te hanteer, of om ‘n sekere spectrum van frekwensies te hanteer.

10.4 Kortgolf beginsels ( propagasie)

Die weerkaatsing gedrag van kort golwe aan die onderkant van die ionosfeer is afhanklik van die tyd van die dag, die seisoen , die weerkaats vermoe van die aardoppervlak en die bodem gesteldheid, die voginhoud van die atmosfeer, grondwater spiel en die geologiese struktuur van die aardoppervlak. Die hoofoorsaak vir die weerkaatsvermoe van die ionosfeer is die elektromagnetiese golwe en korpuskulére straling van die son wat atome in die hoer lugstreke van die aardatmosfeer (die sonne iux) ioniseer. Die ionedigtheid is nie konstant op verskeie hoogtes bo die aarde nie. Hulle vorm eerder lae wat wissel van hoe na lae konsentrasie vrye elektrone.

10.4.1 Nadele

’n Probieem met kortgoif is onbetroubare ontvangs. Die ontvangs van kortgolf uitsendings is afhanklik van toestande in die atmosfeer en die aktiwiteit van die son. Beide verander in die loop van die dag.

Die radio golwe kan ook as gevolg hiervan op ander plekke op aarde land as wat bedoel is. Kortgolfstasie verander dus gedurende die loop van die dag gereeld hulle antennas se rigting en verander ook van frekwensie om ontvangs so goed as moontlik te maak.

’n Ander problem is die beperkte klankkwaliteit van kortgolf. Die klank is mono en beperk in frekwensie. Dit is ook onderhewig aan steurings soos deur weerlig omdat amplitudemodulasie gebruik word.

Kortgolf is nie baie geskik vir frekwensiemodulasie nie. lnisiatiewe om die probleem op te los deur die uitsendinge te digitaliseer is onderweg ( onder andere Digital Radio Mondiale). Dit is tans in gebruik deur die radio amateurs en is met groot welslae vervolmaak. Vanwee hierdie redes word daar tans baie via sateliet uitgesaai. Die kortgolf bande bly daarenteen dig bevolk.

 10.5 Radio prosedures

10.5.1 Gebruik van Alfabet

Alpha   Bravo   Charlie   Delta   Echo   Golf     Hotel     India   Juliet   Kilo   Lima   Mike     November    Oscar    Papa    Quebec     Romeo   Sierra    Tango    Uniform    Victor    Whisky (   of Water in Moslem lande)   X-ray     Yankee     Zulu

10.5.2 Verstaanbaarheid (Readability)

  1. Onverstaanbaar
  2. Net net verstaanbaar, woorde is nou en dan verstaanbaar
  3. Met aansienlike moeite verstaanbaar
  4. Maklik verstaanbaar
  5. Perfek verstaanbaar

10.5.3 Seinsterkte

  1. Swak seine — amper nie hoorbaar nie
  2. Baie swak seine
  3. Swak seine
  4. Redelike seine
  5. Redeiike goeie sein
  6. Goeie seine
  7. Matige sterk seine
  8. Sterk seine
  9. Baie sterk seine

Hier word die twee gekombineer wanneer daar gepraat word en moet die persoon die ander persoon antwoord, deur te sé dat hy ontvang het bv. 4/7 of 5/9 wat dan aantoon dat die persoon jou perfek en met’n baie sterk sein ontvang.

10.6 Gebruik van ‘n radio

Eerstens, ‘n radio is nie ‘n speelding, waar allerhande onheilighede mee aangevang moet word nie. Dit is ’n toestel wat vir nood gebruik word en uitsluitlik daarvoor. Wanneer daar kontak gemaak moet word met ’n ander lid , moet hierdie lid se roep sein tenminste twee keer uitgeroep word, wat dan gevolg word met jou eie roepsein. Bv ( 33 alfa , 33 alfa dis 23 bravo berig)

Wanneer hierdie persoon dan antwoord moet jy dan sé 23 bravo dis 33 alfa stuur, sodoende erken jy sy geroep en kan hy dan voortgaan met die gesprek.

Onder geen omstandighede moet enige persoon se naam of rang genoem word nie. Gesprekke op ’n radio moet kort en saaklik wees.

Nadat ‘n persoon ’n boodskap gestuur het, moet daar ongeveer 2 tot 3 sekondes gewag word voordat hierdie persoon terug geantwoord word, dit stel iemand anders in staat om indien hy deel wil word van hierdie gesprek, of moontlik ’n noodoproep het om in te kom en sy boodskap kan oordra.

Geen Godsdiens, politiek of vloekwoorde, of enige iets wat iemand anders tot nadeel kan strek mag gebruik word nie.

Indien iemand ’n boodskap aan ‘n ander persoon stuur en hierdie persoon het ‘n problem om die boodskap te ontvang, kan jy inroep en aanbied om hierdie boodskap te herlei. In so ‘n geval moet die boodskap woordeliks oorgedra word en moet nie jou eie weergawe daarvan gee nie.

’n Persoon wat as basis optree moet elke gesprek met wie hy gehad het , hierdie persoon se roep sein en die datum en tyd aanteken. Indien moontlik moet ook ’n kort weergawe van die gesprek aangeteken word.

10.7 Hoe om kommunikasie doelwitte te bereik

STAP 1

  1. Identifiseer van belangstellende individue in verskillende gebiede en of streke wat bereid sal wees om die radio kommunikasie effetief in hulle streek en of gebied sal ontwikkel
  2. Kontak besonderhede van bevelvoerders en of bestuurders
  3. Koordineer met hierdie bevelvoerders en of bestuurders om opleiding te reel.
  4. Die saamroep van ’n opleidings kamp om geidentifiseerde lede op te lei. Radio toerusting aanwending, opstel van radio’s en installering, bou van antennas en ander noodsaaklike toerusting, met ander woorde basiese elektronika. Basiese opleiding in propagasie en kies van kommunikasie bande.
  5. Opleiding in digitale modes.
  6. Opleiding in pligte as streek Bevelvoerders en of Bestuurders: Pligstaat sal opgestel word en voorgelé word.

STAP 2

Streek bevelvoerders en of Bestuurders van Kommunikasie  ldentifiseer lede vir gebeid of streek radio operateurs.

STAP 3

  1. Opleiding van Gebied Radio Operateurs in die gebied of streek verband of waar gebiede of streke saam kan opleiding ontvang om die proses te bespoedig.
  2. Vermoe daarstel om byvoorbeeld by Mamet radio sisteem te kan inskakel sou dit nodig wees tydens nood situasies om ons radio network vermoe te verbreed en sodoende ook kommunikasie met boere op plase te he.

STAP 4

(Almal op strutuur wat opgeleide radio operateurs is )

  1. Die aanmoediging van lede om radio’s te bekom en om met ander lede in die gebied of streek te kan kommunikeer.
  2. Lede behulpsaam te wees met die verkryging,instaliering van radio’s
  3. Die implimentering van inroep prosedure vir lede elke dag in verskillende gebiede.
  4. Opleiding van lede in verskillende streke of gebiede t.o.v radio prosedure en radio sekerheid.

10.8 Die struktuur sal die volgende voordele hê.

Dit sal organisering vergemaklik en implimentering en volhoubare radio network verseker. Elke gebied en streek sal ’n goed opgeleide radio operateur he wat in staat sal wees om radio toerusting te gebruik, te installer en selfs basiese herstelwerk aan radio installasies te kan doen, antennas te bou , mobiele en veld stasies te kan opstel vir kommuniksie en basiese elektroniese kennis he. Meer effektiewe kommunikasie verseker in geval van ’n nood toestand en ook algemene kommunikasie tussen lede verbeter met die aanwend van inroep sisteem asook monitoring van situasies in verskillende gebiede of streke.

Die doel van die radio kommunikasie struktuur is nie om ’n nuwe struktuur daar te stel wat afsonderlik funksioneer nie maar slegs om individuele lede op te lei en toe te rus met die nodige kennis asook om persone in verskillende gebiede of streke te he wat die verantwoordelikheid het om die radio ~kommunikasie in sy of haar gebied te bevorder. Sulke lede sal ook geintegreerd funksioneer met ander organisasies in die gebiede en onder bestuur staan van LGV tydens hulle aktiwiteite.

Dit sal ook die werklas verlig van die bevelvoerders en of bestuurders wat kommunikasie aktiwiteite en koordinering betref.

error: Content is protected !!