Ontplooiingsdrills 

14.1 Inleiding

Die tyd wat beskikbaar is om ‘n operasie van stapel te stuur is normaalweg beperk. In die operasie is tyd waardevol en van lewensbelang. Ten einde te verseker dat die lid korrek en met vertroue in die situasie gewerp word , is dit noodsaaklik dat beskikbare tyd ten volle benut word. Dit kan slegs gedoen word indien ‘n organisasie se prosedure van ‘n hoe standaard is.

14.2 Definiesie van ontplooiingsdrils

Ontplooiing is die uitbreiding of vergroting van die front van ‘n eenheid of formasie wanneer dit van geslote na ’n operasionele formasie oorgaan.

14.3 Doel van ontplooiing

Die doel van ontplooiingsdriis is om die lede op die regte plek , op die regte tyd ,met die regte uitrusting gereed vir die taak te kry.

14.4 Beginsels van ontplooiing

Die beginsel van ontplooiing is:

  • Bevelvoerders op alle vlakke moet vooruit dink.
  • Die samestelling van ontplooiing groepe moet beplan word en almal moet ’n deeglike kennis daarvan dra.
  • Alle pogings om verkenning , voorligting en die uitreik van orders moet spoedig aangewend word.
  • Soveel as moontlik van die aksies gedurende die voorbereiding stadiums moet gelyktydig geskied.

14.5 Ontplooiings groepe

  • Verkennings groep – Die groep sluit die bevelvoerder en of bestuurder, sy raadgewers , radio bediener en beskermings element in. Die grootte van die groep moet egter tot die minimum beperk word.
  • Ordergroep – Dit sluit in personeel wat die bestuurder of bevelvoerder se plan in werking moet stel.
  • Voorspanne – Dit sluit personeel in wat vooraf reelings of fasiliteite in plek moet kry.
  • Res van die groep – Dit behels die res van die personeel nie hierbo genoem wat onder bevel van ‘n offisier sal wees.

14.6 Vereistes van operasie prosedures

Goeie operasie prosedures berus op twee vereistes :

  • Vroegtydige Waarskuwing – Sodra bevelvoerders en of bestuurders nuwe orders of informasie t.o.v ‘n toekomstige operasie ontvang , reik hulle onmiddelik ’n waarskuwings order uit om sodoende hulle ondergeskiktes geleentheid te bied om hulle nodige voorbereidings te tref.
  • Gelyktydige Optredes – Terwyl bevelvoerders en of bestuurders besig is om orders te ontvang of om verkenning te doen , vind administratiewe reelings en beweging van lede gelyktydig plaas.

14.7 Algemene Ontplooiingsdrills

Die volgende ontplooiing prosedures moet gevolg word:

  • Ontvang ‘n waarskuwing order
  • Maak ‘n tydkaart waardering
  • Reik eie waarskuwings order uit
  • Beweeg en ontvang orders
  • Reik aanvullende waarskuwings order uit.
  • Doen verkenning
  • Maak waardering en plan
  • Voorbereiding en gee eie orders
  • Koordineer en inoefening
  • Ontplooi

A. ONTVANG N WAARSKUWINGS ORDER

‘n Waarskuwings order sal aan u uitgereik word om u te waarsku van ‘n komende operasie.

B. TYD EN KAART WAARDERING

Tyd vir voorbereiding is dikwels beperk sodat bevelvoerders en of bestuurders die tydsfaktor in die fynste besonderhede moet nagaan alvorens daar met voorbereiding begin word..

Sodra die waarskuwing order ontvang word, moet ’n vinnige tydsberekening m.b.v ’n kaart gemaak word om die volgende te bepaal:

  • Hoeveel tyd beskikbaar is voor die naas hoer ordergroep bygewoon moet word,asook die aanvangstyd van die operasie.
  • Waar die ordergroep gaan plaasvind, hoe Iank dit behoort te neem om daar te kom en langs watter roete.
  • Hoe Iank die ordergroep behoort te neem.
  • Waarvandaan verkenning na die orders gedoen gaan word,hoe Iank gaan dit neem om daar te kom en waarlangs_
  • Hoe Iank gaan ontplooiing daarna , volgens drills neem.

Sodra bogenoemde tye bepaal is , kan die inhoud van eie waarskuwings order bepaal word. Onthou dat sekere take gelyktydig uitgevoer kan word.

C. WAARSKUWINGS ORDERS

Waarskuwings orders behoort die volgende in te sluit :

  1. ’n Algemene skets van die huidige situasie insluitend alle beskikbare informasie t.o.v die krimineie eliment , eie magte ens.
  2. Die aard van die taak
  3. Ordergroep reélings wat die volgende moet insluit :
  4. Plek ( RV)
  5. ii. Tyd en hoe Iank
  6. iii. Bywoning
  7. iv. Kaart benodighede
  8. v. Roetes , indien nodig na RV
  9. Groepering
  10. Tydreéling wat die volgende kan insluit
  11. Tyd van vertrek van voorspanne
  12. ii. Tyd en vertrek van verkennings spanne
  13. iii. Geen beweging voor ‘n bepaalde tyd nie
  14. iv. Voorlopige bewegings tye
  15. Administratiewereelings.

’n Waarskuwings order stel dus die bevelvoerder en of die bestuurder in staat om sy ondergeskiktes vroegtydig te waarsku sodat hulle :

  1. Tyd sal he om :
  2. Hulle eie tyd en kaart waardering te maak
  3. ii. Hulle eie waarskuwings order uit te reik
  4. iii. Lede vir die operasie voor te berei.
  5. Sal weet :
  6. Waar en wanneer orders gegee moet word
  7. ii. Walter karate benodig word
  8. iii. Hoe om vir die komende operasie te groepeer
  9. iv. Wanneer beweging sal begin.
  10. v. Watter admin reélings getref moet word.

D. BEWEEG EN ONTVANG ORDERS

Die bevelvoerder en of bestuurder ontvang nou orders vanaf die hoer bevel op die vooraf gereélde plek.

E. REIK AANVULLENDE WAARSKUWINGS ORDERS UIT

Die orders wat die bevelvoerder en of bestuurder ontvang het ,mag hom noodsaak om aanvullende orders aan sy groep uit te reik,om tyd te bespaar en meer duidelikheid op die situasie te werp.

F. VERKENNING

Verkenning moet beplan word en die volgende moet in ag geneem word:

  • Alle beskikbare informasie t.o.v die situasie moet verkry word.
  • Die doel van die operasie moet duidelik wees
  • Besluite waarna opgelet moet word ten einde die doel te bereik.

Oorweeg die beskikbare tyd voor eie orders uitgereik word en laat genoeg tyd toe vir die maak van die plan en indien nodig,die voorbereiding van ’n model.

Die verkennings groep moet tot ’n minimum getal persone beperk word sodat die groep mobiel en onopsigtelik is. Beskermings elemente moet die groep vergesel.

G. WAARDERING EN PLAN

Bevelvoerders en of bestuurders moet daarteen waak om nie ’n plan te probeer maak alvorens daar ’n behoorlike waardering van al die relevante faktore gemaak is nie.

Waarderings word op die volgende hoofde gebaseer :

  1. Doel

Die doel is die taak wat deur die hoër bevel opgelê is :

Die volgende faktore op die doel moet oorweeg word

  1. i.Die tydsfaktor
  2. ii.Tipe operasie wat gelei moet word
  3. iii.Opgelegde take te identifiseer
  4. iv.Maak van aannames t.o.v vorige ondervindings, huidige tendense ,vyandelike taktiek en soortgeiyke situasies.
  5. Terrein

Terrein is seker die belangrikste faktor in ‘n waardering. Dit is die faktor wat regstreeks tot die plan lei.

GROOND is die sleutelwoord tot die faktore wat onder terrein oorweeg moet word.

  • G-Gegewe prent ( vyand, eie magte )
  • R-Roetes ( Toegangsweé )
  • O-Observasie
  • O-Onder dekking
  • N-Nie-Begaanbaarheid
  • D-Distansie
  • Weersomstandighede
  • Beplan altyd vir die onverwagte /ongure en moet nooit aanvaar dat die weer sal aanpas by jou plan nie.
  • Weenvoorspelling kan egter as riglyn gebruik word maar moet nie as absoluut aanvaar word nie.
  • Op bogenoemde ,asook ander relevante faktore moet die nodige afleidings en gevolgtrekkings gemaak word om die verlangde resultaat te bepaal.
  • Plan

Vra jouself die volgende

  • Sal dit my doel verwesenlik?
  • ls dit eenvoedig?
  • ls dit duidelik?
  • Sal dit werk’?
  • ls dit uitvoerbaar?

H. VOORBEREIDING EN GEE VAN ORDERS

  • Beginsels van orders
  • Akkuraat wees
  • Saaklik wees
  • Duidelik en ondubbelsinnig wees
  • Uitvoerbaar wees
  • Eenvoudig wees
  • Met selfvertroue gegee word

Die basiese uitleg van orders is altyd soos volg

  • Situasie
  • Opdrag
  • Uitvoering
  • Administrasie en Logistiek
  • Bevel en Sein

1. Situasie

  • Vyand – Alle feitlike info rakende die krimineel moet hier weergegee word. Dit kan ook die bevelvoerder en of bestuurder se waardering van die kriminele plan insluit.
  • Eie magte –Vir sekerheids redes word slegs hoer HK’s en flank eenhede wat die optrede van ondergeskiktes vir die operasie raak, weergee.

Dit kan insluit:

  • Name en posisie van flank eenhede
  • Grense deur hoé HK’s neergelê
  • Toevoegings en Afdeiings
  • Alle toevoegings wat nie organies deel van die eenheid is nie, word hier genoem.

2. Opdrag

Die moet die volgende bevat: WIE ,WAT ,WAAR , WANNEER EN WAT daarna

3. Uitvoering

  • Algemene skets -Die plan in breé trekke word hier genoem.
  • Spesifieke take – Dien take van die onderskeie groepe word hier in detail vir elke fase beskryf.
  • Koordinerende instruksies – Alle instruksies wat gekoérdineer moet word en op twee of meer groepe van toepassing is,word hier genoem.

4. Administrasie en Loqostiek

Alle administrasie reélings

5. Bevel en Sein

Alle bevel ,kommunikasie en beheermaatreels wat vir die operasie benodig word ,word hierin vervat.

6. Koordineer en Inoefening

Oefen die plan in en kyk of al die faktore koordineer

7. Ontplooi

Voer die beplande operasie uit.

error: Content is protected !!