MODULE 2.2 WEES INGELIG

Bedryf van inligting 

11.1 Insameling

Die sektor leier se verantwoordelikheid is:

  • Bepaal watter informasie benodig word om sy taak uit te voer.
  • Bepaal die prioriteite waarvolgens die informasie verlang word.
  • Ken insamelingstake toe aan die beskikbare bronne en taak hul om die vereiste informasie in te samel.

Die beskikbare bronne van informasie word bespreek.

Die sektor leier benodig twee tipes informasie :

  • Basiese Informasie. Om agtergrond inligting te verskaf tov operasionele/potensiéle operasiegebiede. Dit behels informasie aangaande die terrein, bevolking en infrastruktuur.
  • Lopende Informasie. Om die inligting te verskaf waarop operasies beplan kan word. Dit verskil volgens die taktiese situasie en is eintlik enige informasie, positief/negatief wat nie gedek word deur basiese informasie nie.

11.2 Evaluasie

Aktiwiteite. Evaluasie van informasie bestaan altyd uit drie aktiwiteite :

  • Aanvanklike ondersoek.
  • Toetsing vir die betroubaarheid van die bron.
  • Bepaling van die akkuraatheid van informasie.

Voorlopige Ondersoek. By die ontvangs van enige informasie word die volgende gedoen :

  • Bepaal die toepaslikheid, dws of die info binne die  gebied van inligtingsverantwoordelikheid of belange gebied van die betrokke area is.
  • Word die informasie dringend benodig?
  • Is dit van huidige of toekomstige waarde? Indien wel, vir wie?

Toetsing vir die betroubaarheid van die bron. Jy most kennis dra van die bron. Was dit vir hom moontlik om die informasie in te samel. Het hy n inligting agtergrond.

Bepaling van die Akkuraatheid van die Informasie

  • Stem die info ooreen met die feite en gebeure van die situasie ten tye van die rapport.
  • Is enige deel van die rapport teenstrydig met die huidige omstandighede.
  • Is alles moontlik.
  • is die rapport opsigself betroubaar.
  • Is die rapport vergelyk met die ander info verkry van aparte bronne en agente. _
  • Indien die feit nie met ander beskikbare info ooreenstem nie, is dit onwaarskynlik dat dit waar is.
  • Stem die rapport ooreen met ander beskikbare info, veral info wat geloofwaardig is.
  • Slegs lopende info ondergaan evaluasie.

11.3 Vergelyking

Die koordineerder gebruik n stelsel van vergelyking om een verslag met n ander te vergelyk en as hy die belang van die geévalueerde informasie bepaal. Die stelsel behels ontvangs, rangskikking, groepering en aantekening van info sodat dit geredelik beskikbaar is vir vergelyking, bestudering en rapportering.

Die mees algemene hulpmiddels vir die aantekening van informasie is inligtingslogistiek, kaarte, spesiale kaarte, oorlegsels en werksvelle.

Die inligtingslog is n permanente kronologiese rekord van gebeure en die enigste register waar alle info na verwys word. Vanaf die log word voorvalle in ander dokumente neergeskryf. Alle inskrywings in die stelsel moet kruisverwys word na die oorspronklike rapport en aan verwante inskrywings.

Kaarte, spesiale kaarte en oorlegsels is die belangrikste hulpmiddels waarop informasie aangeteken word. Dis n grafiese rekord van basiese en lopende info wat deur sektor leier gebruik kan word om n oorwoé prentjie te bekom ten opsigte van hul verantwoordelikheidsgebiede. Die volgende kaart kan bygehou word :

  1. Inligtingsituasiekaart. Alle info aangaande misdagers se aktiwiteite word hierop aangedui.
  2. Spesiale Kaart  en natrekke. Addisionele info (basiese info) word onder die volgende onderwerpe aangedui :
  3. Stam— en stadwykgrense.
  4. Beskikbaarheid van water.
  5. Posisie van huise/krale.
  6. Posisie van winkels, hospitale, sendingstasies,skole ens
  7. Gesaaides, hul siklusse en die moontlikheid van voordelige gebruik deur die misdadigers of eie inwoners.

Lugfoto’s word vir dieselfde doel as kaarte gebruik. Kaarte kan ook vanaf lugfotos op datum gebring word.

Werksvelle is n hulpmiddel om alle info wat our dieselfde onderwerp handel, te groepeer sodat maklik vergelyk kan word en n geheelbeeld gevorm kan word. Verder sal dit die maak van periodieke samevattings oor n spesifieke onderwerp vergemaklik.

11.4 Vertolking

Vertolking van info is die proses waardeur die betekenis van info in verhouding tot reeds bekende info en inligting bepaal word en gevolgtrekkings oor die waarskynlike betekenis daarvan gemaak word.

Goeie vertolking hang af van :

  • Goeie insameling.
  • Betroubaarheid van bronne.
  • Akkuraatheid van info.

Die insameling, evaluasie, vergelyking en vertolking van info is n langdurige proses, veral basiese info.

11.5 Verspreiding

Doel. Die doel van verspreiding is om akkurate, tydige info/inligting te voorsien wat hom in staat stel om n operasie suksesvol uit te voer.

Tipes

  • Mondelings bv n voorligting sessie of per radio.
  • Geskrewe bv dmv n INRAP of SITRAP.

INRAP

  • n INRAP word gestuur wanneer die info te belangrik is om oor te staan vir die  volgende roetinerapport.
  • n INRAP moet die volgende feite bevat : _

i. Wie of wat dit is.

ii. Wat doen hulle/dit.

iii. Waar en wanneer het dit gebeur.

  • Die feite en die sender se interpretasie meet geskei word deur die woord “kommentaar”.

SITRAP. Die eerste peragraaf bevat die inhoud van die huidige misdaad situasie oor n spesifieke tydperk, bv misdadigers ondermyn nog steeds die bevolking. Dit behels nie n aantal insidente wat voorgekom het oor n spesifieke periode nie.

6.6 Snuffelpakke

Die doel van n snuffelpak is om alle info/inl wat in die voer van operasies tov n spesifieke geografiese gebied benodig word in te samel en te liasseer vir toekomstige gebruik.

Vereistes van n Snuffelpak

  • Die snuffelpak is hoofsaaklik vir landelike Ops bedoel.
  • Die info/inl moet operasioneel aanwendbaar wees.
  • Dit moet voortdurend bygehou word. Daar moet spesiefiek voorsiening gemaak word vir n plek waar aangedui kan word wanneer die snuffelpak hersien is.
  • Basiese info/inl moet geskei word van deurlopende info/inl, maw stadig veranderbare items/onderwerpe moet geskei word van die potensiéle vinnig veranderbares.
  • Dit moet in triplikaat gehou word.
  • Onnodige onderwerpe moenie hierin gedek word nie.
  • Die snuffelpak hoef nie noodwending uit n enkele dokument te bestaan nie, maar kan wedersyds toegelig word deur toepaslike dokumente, kaarte, natrekke, ens.
  • Die snuffelpak moet op sektorvlak gehou word. Die rede hiervoor is om te verhoed dat dit te lomp word.

11.7 Inhoud van ‘n snuffelpak

Die inhoud van elke sektor se snuffelpakke word oorgelaat aan die diskresie van die betrokke sektor leier. Die volgende kan egter ingesluit word :

  • Kaarte.
  • Lugfotos
  • Notas oor terrein.
  • Indeks van belange punte.
  • Kaartverbindings.
  • Veldsketse/kaartvergrotings van belangrike plekke.
  • Foto’s van belangrike persone.
  • Vrae en antwoorde tov gebied en persoonlikhede. Die doel hiermee is om dmv ondervraging te kontroleer of iemand wel in n gebied woon of nie. Vorige geskiedenis van misdadigers optredes en hulle taktiek.

11.8 Spesifieke Informasie Benodig

Die volgende is onderwerpe wat gedek kan word :

  • Tradisionele wyke.
  • Krale en statte.
  • Skole.
  • Kerke.
  • Hospitale/klinieke.
  • Winkels.
  • Waterputte/bronne.
  • Paaie.
  • Radio’s.
  • Wegkruipplekke.
  • Knelpunte.
  • Onbewoonde plekke.
  • Kwesbare teikens.
  • Moontlike vyandelike toegangsweé.
  • Bekende ongewensde persone.

Gesindhede teenoor veiligheids strukture, ens.is belangrik dat die sektor leier voordat hy vertrek op n operasie, die snuffelpakke van sy verantwoordelikheidsgebied sal bestudeer om sodoende op hoogte te wees van wat in sy gebied aangaan en sodat hy addisionele info kan bekom wat sy taak sal vergemaklik in die opsporing van die misdadigers.

error: Content is protected !!