MODULE 1.2 LANDELIKE VEILIGHEID 

Landelikeveiligheidsplan

5.1 Inleiding

Plaasaanvalle en Grondbesetting is soos enige ander misdaad.

Geen misdaad kan plaasvind as daar nie ‘n geleentheid vir so ’n misdaad bestaan nie.

DOEL: Met die opleiding, sal u instaat gestel word om al die geleenthede van die aanvaller te ontneem, en sodoende ‘n misdaad vrye omgewing vir uself te skep.

5.2 Landelike Veiligheid

Die veiligheid en sekuriteit van die bevolking van die RSA is ‘n hoë prioriteit vir die Regering.

Die landelike gemeenskappe as ‘n ekonomies lewensvatbare groep, dra soos ander gemeenskappe, baie by tot die welsyn en voorspoed van hierdie land.

Die erns van voortdurende dade van geweld in die landelike gemeenskappe vereis dat die Suid Afrikaanse Polisiediens ‘n omvattende strategie om met hierdie probleem te handel moet formuleer.

5.3 Agtergrond 

Boere en plaaswerkers word deur kriminele as sagte teikens beskou-

  • As gevolg van besighede wat vanaf plase bedryf word wat teikens skep vir kriminele.
  • As gevolg van die groot afstande tussen plase
  • Baie bewoners van die platteland is dikwels ouer en kwesbaar .

Geweld op plase is brutaal en sinneloos

Effektiewe and volhoubare aksies vereis: – ‘n kollektiewe benadering – Gedeelde visie – Gedeelde hulpmiddels en energie

5.4 Doel van die SAPD se Landelike Beveiligingstrategie

Spreek landelike veiligheid aan as ‘n geïntegreerde en holistiese dag tot dag misdaadvoorkomingsbenadering (veiliger gemeenskappe)

Bevorder dienslewering, toeganklikheid, polisie reaksie en vennootskappe

Betrek alle polisiëringseenhede in ‘n geïntegreerde multi- dissiplinêre wyse

Verbeter ondersoek en skuldigbevinding

Optimale benutting van beskikbare magvermeningvuldigers

Versterk ‘n geïntegreerde en gekoordineerde ontplooiing langs die grens om die onwettige oorgrens beweging van mense, goedere en smokkelhandel te bestry en streeksamewerking te verbeter

Vestig veiligheidsnetwerke, gemeenskapsopvoeding / bewustheid en mobiliseer die gemeenskap in misdaadvoorkomingsinisiatiew

Betrek Regering en eksterne rolspelers / belanghebbendes in ‘n geïntegreerde, gesamentlike en gekoordineerde wyse

Versterk die beginsels van sektorpolisiëring

5.5 Voorkomende Maatreëls – Sielkundig

18:00 – 21:00Lok jou uit die huis-Vang jou voor die TV-Verras jou met terugkeer van die werk buite die huis
21:00- 02:00Maak jou wakker in die bed- lok jou uit die kamer, verras jou by die tv
02:00- 05:00Lok jou uit die kamer
05:00-10:00Wanneer jy uitgaan, verras hulle die vrou in die huis
10:00 – 13:00Week- verras die vroue  in die huis. Wag vir die man binne die huisVerras jou buite die huis in die tuin.
13:00- 18:00Terug van die werk afKoop items by die huis.Verras die vrou binne/buite die huis

5.6 Verrassingselement

  • Gevoel van lamheid wanneer jy met ‘n onbekende situasie gekonfronteer word:  Kan nie dink nie.
  • Kan nie reageer nie.  
  • Wanneer wel reageer
  • Geen logika.  
  • Reageer in paniek.
  • Reageer dan presies soos wat die aanvaller dit verwag.

5.7 Voorkomende Maatreëls – Fisies 

Vroeë waarskuwing –  Alarm stelsels

  • honde –  
  • ganse –  
  • tuisgemaakte alarms –  
  • gruis rondom huis
  • Sekerheidsligte

Kommunikasiestelsels / alternatiewes

Sluit kragtoevoerkaste / alternatiewes

Afstandbeheerde hekke / deure

Sluit implimente

Pas sleutelbeheer toe

Gereelde teikenskiet op plaas

Hou inspeksies op plaas

Opleiding van alle lede op plaas

Skakel in by bestaande veiligheidsstrukture

Huisverharding

Let op na detail in die omgewing en rapporteer die ongewone.

5.8 Gebeurlikheidsplanne
Tipes  

Persoonlike gebeurlikheidsplan

Plaas / Huishouding gebeurlikheidsplan

Sektor gebeurlikheidsplan 

5.8.1 Vereistes  

Goeie verbindings

Kontakbesonderhede

Maak van alarm

Sielkundige voorbereiding om kalm op te tree

Persoonlike paraatheid

Gereelde inoefening

Kort en kragtig

Deeglike waardering

Dit is die optrede wat gevolg sal word tydens enige situasie wat kan ontstaan.

Dit sal insluit alle optredes sowel as hulpbronne tot beskikking.

Elke senario of situasie sal verskillende optredes vereis/verlang.

Geen regiede plan / riglyn kan voorgehou word nie.  Elke plan moet volgens plaaslike omstandighede opgestel word.

Die plaaslike omstandighede word in aanmerking geneem na gelang van ‘n waardering.(SWOT analiese)

Alle aspekte wat ‘n bydra kan lewer tot die beveiliging / beskerming van lewens en / of eiendom moet in aanmerking geneem word.

Hierdie info moet gemeet word aan die voor – en nadele wat dit vir beide die verdediger en aanvaller sal inhou.

Hierdie voor – en nadele kan onbewustelik of doelmatig waargeneem word.

Die resultaat is ‘n plan wat almal ken en wat uitvoerbaar is.

Dit hoef nie uitgerekte dokument te wees nie.

Dit kan ‘n plan van aksie wees wat u in u kop het en gereeld deur u gedagtes laat werk.

5.8.2 Waardering – Terrein  

  • Topografie
  • Hidrografie
  • Plantegroei
  • Klimaat en weer
  • Infrastruktuur
  • Belangrike installasies
  • Ander belangrike geboue/instansies

5.8.3 Waardering – Bedreiging 

  • Misdaad tendense
  • Geteikende areas
  • Kriminele groeperinge
  • Taktiek in gebruik
  • Wapens in omloop

5.8.4 Waardering – Eie Magte

SAPD

Nood en Ramp

Sekerheidsmaatskappye

Plaaswagte

Omliggende selle/sektore

5.8.5 Waardering – Bevolking

Verspreiding en konsentrasie punte

Gesindhede

Gewoontes/aktiwiteite

Werkloosheid

Politieke gesindhede

Sosiale statuses

Sagte teikens

5.8.6 Opstel van kaarte  

Elke sektor gebied moet verteenwoordig word op ‘n kaart.

Die doel van die kaart is om alle rolspelers en bydraende faktore aan te dui.

Die volgende kan aangedui word: Nommer van elke plaas / postal. Alle relevante faktore soos in die waardering aangedui is.

Elke individuele plaas moet ook ‘n kaart van sy werf/opstal opstel.

Sluit in die volgende:

  • Skets van die huis en plaaswerf.
  • Werkers ingesluit
  • Toegangs/ontsnaproetes
  • Hindernisse na en om die opstal
  • Skuiling
  • Veilige plek in huis

5.8.7 Opstel van plan  

Alarm word gemaak deur boer.

Persoon wat alarm ontvang, verwittig plaaswag/sektor bevelvoerder.

Alle ander lede word ge-aktiveer.

Lede kom bymekaar by voorafbepaalde RV.

Seksieleier neem bevel en taak lede.

Twee lede beveilig toneel.

Stig GOS.

Ander lede gaan voort met sigbare aktiwiteite.

Huis-en-Haard beskerming gaan voort (sagte teikens).

Omliggende lede lewer bystand.

Aktiwiteite duur voort totdat situasie ontlont is.

Verseker dat u en al die belanghebbendes die volgende weet:WIE Moet WAT WAAR WANNEER Met WATTTER hulpbronne uitvoer.

5.9 Misdaad Tonele

Dit is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die SAPD om misdaad te ondersoek.

Vir suksesvolle vervolging om plaas te vind, moet ‘n deeglike ondersoek eers gelas word.

Misdaad tonele dien as die wegspringblok vir so ‘n ondersoek – “Holy Ground”.

Optredes by tonele moet in die gebeurlikheidsplanne ingesluit wees.

Beweging na en op die toneel moet beperk word.

Eerste persoon op die toneel moet eers verseker of die toneel veilig is.

Vergewis u van die situasie.

Indien moontlik, sper die hele toneel af.

Vermy enige onnodige beweging op die toneel.

Moet geen ongemagtigde persone of nuuskieriges op die toneel toelaat nie.

Sover moontlik moet roetes wat moontlik deur die oortreders gebruik was, vermy word.

Moenie aan enige ooglopende bewysstukke peuter nie.

Indien die SAPD opdaag, identifiseer uself en gee alle beskikbare informasie oor aan die lid in bevel.

Dui ook aan van watter roete u gebruik gemaak het en waar u oral beweeg het.

Mens is van nature nuuskierig, maar selfs meer krities.  Moet dus nie dat u nuuskierigheid veroorsaak dat die SAPD nie hul werk kan doen, en gevolglik onder u kritiek deurloop nie.

5.10 Onthou

As die huiseienaar geweet het watter tyd van die nag die dief kom, sou hy wakker gebly het en nie toegelaat het dat daar in sy huis ingebreek word nie. Om dieselfde rede moet julle altyd gereed wees.” Matt 24:43

error: Content is protected !!