
Samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens
1.1 Inleiding
Die ondergenoemde bepalings geld vir die toepassing van Gemeenskaps-polisiéring in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Dit sal noodwendig ’n invloed op die ontplooiing van gemeenskapsveiligheids organisasies se gemeenskapsveiligheidstrategieé en planne uitoefen.
Die volgende belangrike oorwegings moet in ag geneem word wat toekomstige samewerking met die SAPD teen misdaad aanbetref:
- Die groei van misdaad in Suid-Afrika, meer spesifiek geweldsmisdaad, neem nog daagliks toe. Die statistieke vergelyk met van die ergste ter wéreld.
- Misdaad het ’n traumatiese effek op weerlose mense in Suid-Afrika en stem hulle tot totale moedeloosheid en radeloosheid.
- ’n Algemene persepsie bestaan in Suid—Afrika dat die staat en sy polisiemag nie bevoeg genoeg is om wet en orde na behore te handhaaf nie en dat hulle nie oor die vermoé beskik om geweldsmisdaad effektief te bekamp nie. ’n Ander siening is dat korrupsie in regerings- en polisiéring dienslewering nadelig beinvloed. Alle aanduidings is ook dat georganiseerde misdaad reeds die polisiegeledere binnegedring en negatief beinvloed het. Daar is ook ’n gebrek aan voldoende en bruikbare misdaadinligting in die geledere wat ernstig voel oor misdaad bekamping.
- ’n Gebrek aan goeie opleiding in die polisie en verlaagde opleiding standaarde het ’n addisionele negatiewe uitwerking op dienslewering en die toepassing van Wet en orde.
Privaat sekerheidsorganisasies het geweldige groei die afgelope jare getoon en het baie van die tradisionele polisiefunksies oorgeneem. Selfs met hulle buitengewone groot getalle is hulle nog nie bevoeg tot doeltreffende misdaadbekamping nie en is die aanduiding dat baie van hulle lede self by misdaad betrokke is.
Dit is ’n algemene feit dat misdaadstatistiek nie akkuraat deur die staat weergee en bestuur word nie wat ’n wan toedrag van sake wat misdaad in Suid—Afrika aanbetref, weergee.
Daar bestaan ’n daadwerklike gevaar in Suid-Afrika dat indien die misdaadsituasie verder sou versleg, lede van die publiek wet in eie hande sal begin neem wat dan vigilante optredes kan ontketen. Vigilantisme is ’n teken van swak regeringsbestuur en polisiéring, swak volksdissipline en ’n ontoereikende en gesonde sosiaal-maatskaplike bestel wat deur swak ekonomiese toestancle aangewakker word. Dit kry beslag in werkloosheid, armoede en wetteloosheid.
Die konsep van buurtwagte werk, dit is egter baie moeilik om die belangstelling van vrywilligers te behou en die volhoubaarheid van gemeenskapgedreweveiligheidstelsels te verseker.
Die logika van geweld is dat dit geweld net in toom gehou kan word deur vrees vir groter geweld. Misdadigers is net bang as hulle banger is vir die polisie. Geweld kan net deur geloofwaardige afskrikking en wetstoepassing beéindig word.
Misdaadneigings en risikofaktore het sulke afmetings aangeneem dat mense nie meer veilig in hul huise, motors, op straat of in winkelsentrums voel nie. Veral trio-misdade (besigheidsroof, huisroof en rnotorkaping) neem aanhoudend skerp toe.
Gemeenskappe, ander sekuriteit-tipe strukture en die polisie behoort die stryd teen misdaad saam aan te pak en daarom is dit uiters belangrik om rnisdaadinligting uit te ruil. Die rol van buurtwagte en patrollies is belangrik omdat misdadigers beslis daardeur afgeskrik word.
Dit is tyd dat alle Suid-Afrikaners, ongeag hul ras, kultuur of agtergrond, moet begin saamstaan en teen misdaad begin mobiliseer. Daar moet ’n goeie balans tussen die staat, die gemeenskap en die privaatsektor se rolle in gemeenskapsveiligheid wees. Vredeliewende burgers het geen ander alternatief as om saam by gemeenskapsveiligheid betrokke te raak nie.
1.2 Ontstaan van Gemeenskapspolisiéring
Gemeenskapspolisiéring (GPF) het sy ontstaan gehad in die vroeé negentigs van die vorige eeu. Dit was te danke aan navorsing wat reeds in die tagtigerjare bewys het dat die straf benadering (punitive approach) alleen, nie die gewenste uitwerking gehad het om misdaad doeltreffend te bekamp nie. Dit was eweneens duidelik dat dieperliggende sosio-ekonomiese faktore misdaad onderlé het.
Die Suid-Afrikaanse regering en Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het tot die besef gekom dat suksesvolle polisiéring slegs kan geskied as beide die polisie en die gemeenskap in ’n vennootskap misdaad beveg. Dit het daartoe gelei dat voorsiening gemaak is in die Suid-Afrikaanse Polisiediens Wet (Wet 68 van 1995) vir Gemeenskapspolisiéring en die stigting van gemeenskapspolisiéringforums.
1.3 Meer oor Polisiewet Nommer 68 van 1995 (Aanhangsel 1/1)
Die Polisiewet no. 68 van 1995 gee in sy Hoofstukke 7 en 8 beslag aan Gemeenskapspolisiéring. In Hoofstuk 7 word die stigting van gemeenskaps- polisiéringforums en rade gemagtig en in Hoofstuk 8 word die minister die mag gegee om regulasies in dié verband uit te vaardig. Die stigting van ’n onafhanklike klagte direktoraat word terselfdertyd in Hoofstuk 10 bemagtig. Hoofstuk 7 stel die doel van die wetgewing as die daarstelling van ’n vennootskap met die publiek om die polisie meer doeltreffend te laat funksioneer. Dit sluit die samewerking tussen die twee partye in om groter deursigtigheid te bewerkstellig en om probleme aangaande misdaad makliker in gemeenskapsverband te kan oplos. Om dit te kan doen word die stigting van gemeenskapspolisiéringforums (GPF) gemagtig wat op sigself sub-forums kan stig.
Daar word ook voorsiening gemaak vir die stigting van soortgelyke hoér liggame om voorsiening te maak vir bestuur tot op nasionale vlak. Dit staan as area polisierade en provinsiale polisierade bekend.
Die funksies vir die rade word duidelik beskrywe en maak voorsiening vir die volgende:
- Prosedures oor die kies van voorsitters;
- die benoeming van afgevaardigdes na hoér vlak vergaderings;
- die byhou van notules van vergaderings en oor onderlinge samewerking.
- Daar word klem gelé op die vrywillige aard van die optredes van lede.
Die wetgewing het dieper beslag gekry op 11 Mei 2001 met die publisering van meer omvattende riglyne wat as die “Interim Regulasies vir Gemeenskapspolisiéringforums en Rade” bekend staan. Dit handel oor dieonderstaande onderwerpe, naamlik:
- Dat dit die verantwoordelikheid van die SAPD se stasie kommissaris is om die gemeenskapspolisiéringforums (GPF) te stig deur die publiek uit te nooi om ’n stigtingsvergadering te hou en ’n stuurkomitee saam te stel.
- Dit vereis voorts die samestelling en aanvaarding van ’n konstitusie tydens ’n publieke vergadering waartydens ’n nuwe bestuur gekies kan word.
- Die konstitusie en name van die bestuur moet dan aan die volgende hoér vergadering voorgelé word.
- Die interim regulasies dui vervolgens aan dat die GPF op dieselfde wyse gemeenskapspolisiéring subforums kan stig.
- Dit bemagtig op ’n soortgelyke wyse die verdere stigting van area polisieforums en provinsiale polisieforums op hoér vlakke.
Vervolgens word algemene beginsels bepaal.
- Eerstens word dit duidelik gestel dat die GPF strukture geen bevelsmagte oor die polisie sal hé nie en dat hulle geen polisiefunksies mag uitvoer nie.
- Die GPF mag ook geen politieke doelstellings nastreef nie en mag geen insae in polisierekords en léers hé nie.
- ’n GPF kan geen aanspraak maak op die gebruik van polisie-uitrusting nie, behalwe met skriftelike toestemming.
- Dit word verder duidelik gestel dat elkeen van die liggame oor ’n konstitusie moet beskik.
- Die konstitusie moet aan sekere vereistes voldoen wat duidelik omskryf word. Dit moet die naam van die liggaam, die doelstellings en ’n gedragskode duidelik uiteensit en mag nie diskrimineer in terme van lidmaatskap nie.
- Die bedoeling is dat die GPF verteenwoordigend van die gemeenskap moet wees.
- Aandag word gegee aan die funksies van die bestuurskomitee en die verkiesingsprosedure vir bestuurslede.
- Daar word klem gelé op die noodsaaklikheid van kommunikasie met lede, hoe finansiéle bestuur gedoen moet word, hoe dissiplinére aksies hanteer moet word en hoe so ’n konstitusie gewysig kan word.
- Dit sluit ook prosedures vir die ontbinding van ’n GPF in.
- Aandag word verder gewy aan ’n baie belangrike rigtinggewende bestuurshulpmiddel in die effektiewe voorkoming en bestryding van misdaad in die samelewing, naamlik die daarstelling van ’n gemeenskapsveiligheidsplan.
- Die GPF word verplig om gereeld besluite na hul lede te kommunikeer.
- Die polisie moet die GPF inlig van veranderinge in die wet, regulasies en ander dokumente wat ’n impak op die GPF se funksionering mag uitoefen. GPF lede mag selfs uitgenooi word na bestuursvergaderings by polisiestasies. Die stasie is egter geensins verplig om die GPF van akkommodasie of ander ondersteunende dienste te voorsien nie.
- Besondere aandag word aan finansiéle bestuursprosesse en toepaslike ouditering gegee.
- GPFs en sub-forums mag wel finansies insamel.
- Die bestuur van finansies moet egter ten volle aan gesonde finansiéle bestuurspraktyke voldoen en moet jaarliks aan ouditeuring onderwerp word.
- Daar mag geen wins gemaak word nie en niemand mag besoldiging ontvang nie.
- Geen Art 21 Maatskappy mag gevorm word nie en die finansiéle jaar word as van April tot Maart beskryf.
- Ten slotte word bepaal dat die dispuutoplossingsproses hiérargies moet verloop naamlik, van GPF na area, van area na provinsie, en van provinsie na nasionaal. Die interim regulasies is dan terugwerkend van aard.
1.4 Die Rol en Funksie van Gemeenskapspolisiéringforums (GPF)
Die Wet is baie duidelik oor die doelwitte van die GPF: (Artikel 18), naamlik:
- Die daarstelling en behoud van ’n vennootskap tussen die gemeenskap en die polisiediens.
- Bevordering van kommunikasie tussen die SAPD en die gemeenskap.
- Bevordering van samewerking tussen die SAPD en die gemeenskap om gemeenskapsbehoeftes ten opsigte van polisiéringsdienste te bevredig.
- Verbetering van dienslewering van polisiedienste aan die gemeenskap op nasionale, provinsiale, gebieds- en plaaslike vlak.
- Verbetering van deursigtigheid en aanspreeklikheid van die polisiediens teenoor die gemeenskap.
- Bevordering van gesamentlike probleem-identifisering en probleem oplossing deur die polisiediens en die gemeenskap.
Die rol van die GPF is eerstens om as ’n volle vennoot saam met die polisie te werk om misdaad te voorkom en tweedens om burgerlike toesig (“civilian oversight”) uit te oefen. Dit verseker dat die wet en gestelde doelwitte nagekom word.
Die GPF tree dus as die oé en die ore van die polisie op en konsentreer veral op die sosiaal-maatskaplike faktore wat tot misdaad bydra. Lede van die GPF en sy substrukture het egter nie die magte wat volgens die strafproseswet aan die polisie toegeken is nie.
1.5 Sektorpolisiéring en Gemeenskapspolisiering
Aangesien polisie wyke in sommige gevalle baie groot is, word die wyke in sektore verdeel om polisiéring te vergemaklik. Daar word hierna as sektorpolisiéring en gemeenskappolisiéring verwys. Dit is vanselfsprekend dat elke sektor sy eie unieke karakter en behoeftes het. Om bestuur te vergemaklik kan daar ook sektor komitees, elk met sy eie sektorbestuurder, benoem word wat nou met die GPF saam werk.
Elke sektor is verantwoordelik om sy eie behoeftes ten opsigte van polisiéringsdienste in samewerking met sy sektorbestuurder en plaaslike GPF te bepaal en aan te spreek. Laasgenoemde instelling is ingestel om te verseker dat almal in ’n bepaalde wyk bewus kan wees van in huis probleme en dat die gemeenskap saam kan werk om die probleme die hoof te bied.
1.6 Verdere Riglyne oor Sektorpolisiéring
Op 30 Oktober 2010 het ’n ander dokument die lig gesien, naamlik die “Declaration of Receipt of National Instruction on Sector Policing”. Dit beskryf onder andere die volgende riglyne oor sektorpolisiéring:
- Die doel van sektorpolisiéring en die rol van die sektor bevelvoerder.
- Die sektor bevelvoerder is ’n polisiebeampte wat ’n redelike belangrike rol het en beskik oor magte om polisiéring in ’n bepaalde sektor uit te oefen.
- Daar word ook aandag gegee aan die rol van die gemeenskap in polisiéring in terme van strukture en die afliliasie by sodanige strukture. Hierdie strukture kry die naam van Gemeenskapsveiligheidstrukture (“Community Safety Structures”) waarin die konsep van buurtwagte, blokwagte, plaaswagte, besigheidswagte beslag
- Daar word vir gemeenskapveiligheidstrukture baie eenvoudige vereistes voorgestel vir afl-lliasie by die GPF, naamlik: ’n Konstitusie en gedragskode moet voorgelé word; die naam van die organisasie moet gegee word; ’n kaart van die organisasie se werkgebied moet voorgelé word; name van die organisasie se lede en die lede van die bestuur moet voorsien word.
1.7 Die Rol van Gemeenskapveiligheidstrukture
Die rol van gemeenskapveiligheidstrukture word soos volg in die polisiewet beskryf:
- Hulle moet slegs die oé-en-ore van die polisie wees, dit wil sé die uitvoering van waarneming en rapporteringsrolle en -funksies.
- Patrollies kan as afskrikmicldel vir misdaad gebruik word.
- Hulle het ’n verantwoordelildmid as hulle eerste by ’n misdaadtoneel aankom om die toneel onversteurd te bewaar, hoewel hulle in uitsonderlike omstandighede wel ’n burgerlike arrestasie mag doen.
- Dit word beklemtoon dat hulle diens ten alle tye vrywillig is en dat hulle goeie verhoudings in die buurt moet bevorder, terwyl hulle aangemoedig word om misdaad onverwyld te rapporteer.
Die volgende beperkings word duidelik gestipuleer:
- Geen politiek mag bedryf word nie
- Geen bemarking of verkoop van sekuriteitsuitrusting of dienste word toegelaat nie.
- Geen lidmaatskapfooie is afdwingbaar of mag gevra word nie.
- Geen deelname aan misdaadoperasies word toegelaat nie.
- Geen SAPD kentekens of uniforms mag gedra word nie.
- Geen roterende of flikkerende ligte in enige kleure mag gebruik word nie.
- Geen bevelsgesag kan oor die SAPD uitgeoefen word nie.
- Geen toegang tot SAPD léers en registers word toegelaat nie.
- Polisie eiendom kan slegs met skriftelike toestemming gebruik word.
- Polisie voertuie mag nie gebruik word nie.
- Daar mag nie ’n Artikel 21 maatskappy gevestig word nie.
1.8 Samewerking met ander Veiligheidstrukture
Neem kennis, dat die uiteensettings hierbo slegs as ’n opsomming van die inhoud van die belangrikste riglyne dien wat oor gemeenskapspolisiéring verskyn het.
Die gemeenskapsveiligheidstrategie van gemeenskapsveiligheidsorganisasies stel dit ten doel om binne die wetgewing en bepalings wat verband hou met gemeenskapspolisiéring te funksioneer.
Dit sluit die behoefte en bereidwilligheid in om, waar van toepassing, met gemeenskapspolisiéringforums en ander relevante rolspelers en gemeenskapsveiligheidstrukture saam te werk. Die samebindende riglyne in dié opsig is die bepaling van gesamentlike doelstellings, rolverdelings en riglyne vir gesamentlike beplanning en uitvoering. Waar van toepassing kan diensvlakooreenkomste en ooreenkomste vir samewerking tussen instansies gesluit word.
Waar ander organisasies nie bereid is om saam met gemeenskaps- veiligheidsorganisasies te werk nie, geld die wetgewing vir gemeenskaps-polisiéring steeds.
Die riglyn ten slotte, is dat die rolle, verantwoordelikhede, funksies en gedragskodes van die onderskeie organisatoriese strukture gerespekteer sal word in die uitvoering van gesamentlike projekte en operasies.
